Pastorale Sleutels vir Covid-19 Grendeltyd

Written by Bridget Leibbrandt on . Posted in Dienste-Communitas, Kursusse, VBO

Ons vra om verskoning vir die laat plasing van die video – Dankie aan almal betrokke wat dit maak werk het!

Die video  is gereed!

 

Alle addissionele leeswerk is beskikbaar:

Materiaal beskikbaar:

Kieskerk: https://kieskerk.com/VBO%20forum/

Hoe om VBO punte te laai:  Handleiding vir Predikante of Kursusgangers vir gebruik van nuwe NGKerkdata stelsel

Leeswerk: DaniëlJLouw HeidiCampbell JanAlbertvandenBerg JulianMüller RRuardGanzevoort

 

 

Retraite vir diens-beroepe

Written by Admin on . Posted in Courses, Kursusse, Nuus, Retraites

Courage and Renewal Retreat

WHAT to expect?

  • A time of reflection and community
  • A first hand experience of some of the concepts and methods described by Parker Palmer in his book Hidden Wholeness.
  • A rich sharing of the wisdom of the work by the co-founders of the Centre of Courage and Renewal, Marcy and Rick Jackson
  • Possible Skype conversation with Parker Palmer
  • Skilled facilitators help create a safe, quiet, and disciplined space—a Circle of Trust—in which the noise within us and around us can subside, where introspection becomes possible. In large group, small group, and solitary settings, you will explore the intersection of your personal and professional lives, making use of stories from your own journeys, and insights from poets, storytellers, and various wisdom traditions.

LW gaan na http://www.rhytmoflife.co.za vir meer informasie asook om in te skryf

of kontak Adrimarie

 

Vroeëkindontwikkeling as missionale geleentheid om armoede in Suid Afrika aan te spreek

Written by Admin on . Posted in Jeug en familie, Kursusse, VBO

Elke kind het die reg op die beste moontlike begin in die lewe…

Navorsing het bewys dat die vroeë kinderjare die kritiese periode is vir die kognitiewe, sosiale en emosionele ontwikkeling wat dan die grondslag vorm vir die kind in sy jeug en latere volwasse lewe. Om kinders met sosiale, emosionele en taalvaardighede toe te rus wanneer hulle nog jonk is, help hulle om uitdagings en stres later beter te hanteer.

Vanaf geboorte tot en met die ouderdom van 7jaar is dit die periode van vinnige ontwikkeling op fisiese, geestelike, verstandelike, emosionele en morele gebied. Die vroeë jare in ‘n kind se lewe is die tyd wanneer hy begrippe, vaardighede en houdings aanleer wat die grondslag lewer vir lewenslange groei en ontwikkeling.

Diaconia in samewerking met Communitas (Sean Esterhuizen en Nioma Venter) bied op 15 – 17 April 2019 ‘n kursus aan in Vroeëkindontwikkeling – juis as ‘n missionale geleentheid om armoede in ons gemeenskappe aan te spreek.

  • Jy sal blootgestel word aan belangrike kennis en insigte rondom Vroeë Kind Ontwikkeling,
  • jy sal geleentheid kry om goeie implementerings idees te ontwikkel oor wat om te doen rondom Vroeë Kind Ontwikkeling in jou gemeente en omgewing,
  • plus jy sal blootgestel word aan ʼn uitstekende beplannings en implementerings metodiek, naamlik Ontwerp Denke wat jy met groot vrug in die bediening sal kan toepas.

Bring gerus lidmate saam om die kursus saam met jou te deurloop.

Die kursus sal definitiewe missionale bewegings en gewoontes uitwys, maar veral op praktiese implementeringsvoorstelle vir gemeentes en gemeenskappe fokus.

Vir’n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO-V11-Vroeëkind-ontwikkeling as missionale geleentheid om armoede in Suid Afrika aan te spreek

Vul in en stuur saam met jou betaalbewys na Wilma