Terapie vir kinders – hoe?

Written by Admin on . Posted in Jeug en familie, Kursusse, VBO

Speltegnieke

in

kinderpastoraat

Aanbieder: Siegfried Louw

Datum: 2-4 April 2019

Plek: Communitas, Stellenbosch

Kategete, jeugwerkers en onderwysers wil betrokke raak by die broses in die samelewing, maar sukkel soms met die wêreld van ʼn kind.

  • Kinders geniet nie “praat-terapie” nie, want hulle abstrakte denke is nog nie daar nie (die jongeres).

Kom skryf dus in vir hierdie kursus vir eenvoudige spelterapie-tegnieke met skoolgaande kinders (tieners ingesluit)

  • Speltegnieke gee aan ons die instrument om kinders se lewensvordering te fasiliteer, indien ʼn paar basiese beginsels gevolg word.
  • Gestalt speltegnieke word gebruik om kinders te bemagtig met selfstandigheid, verantwoordelikheid en volledige menswaardigheid. Die kind bly in beheer van sy/haar eie proses.

Na die kursus

  • Sal jy weet hoe om basiese speltegnieke in berading te benut.
  • Sal jy praktiese speltegnieke vir emosionele ontlonting kan gebruik. ʼn Verskeidenheid van mediums word gedek.
  • Drie spesifieke tegnieke word meer in detail hanteer: Die “Roosboomtegniek”, “Monstertegniek” en die hantering van drome/nagmerries in pastoraat.
  • Ons verwagting is dat jy van die kursus sal wegstap met ʼn gevoel dat jy iets konkreet kan gaan doen in jou omgewing.

Kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm VBO-V8-Speltegnieke in Kinderpastoraat

en stuur jou inskrywing tesame met jou betaalbewys na Wilma

 

  • Skryf GOU in, terwyl daar plek is, en voor of op 15 Maart.

 

 

 

 

Uitreik … en daarna?

Written by Admin on . Posted in Kursusse, VBO

Uitreik

of

Inreik?

Hierdie voldag VBO-kursus/werkswinkel het ten doel om kursusgangers sensitief te maak vir die onbeplande gevolge van uitreike. Navorsing wys onder andere dat veral kinders negatief beïnvloed word nadat ʼn gemeente ʼn naweek of week uitreik in hulle gemeenskap kom doen het.

Die NG Kerk doen tans navorsing om ʼn nuwe manier van uitreik te ontwerp en te toets. Hierdie nuwe metodiek word Inreik genoem.

Inreik is ontwerp om die missionêre roeping van die plaaslike gemeente aan te wakker sonder om skade aan gemeenskappe aan te bring.

Aanbieders: Jaco Botha / Kobus Odendaal

Datum: 12 – 14 Maart by Communitas, Noordwal-Wes 1, Stellenbosch

Wie moet dit bywoon?

  • Dominees
  • Getuienis bediening/ kommissie voorsitters
  • Lidmate met ʼn hart vir uitreike
  • Uitreik leiers
  • Jeug leiers

Wat gaan ek leer?

  • Die metodiek van Inreik
  • Hoe om ʼn Inreik te ontwerp
  • Om sensitief te wees vir die plaaslike konteks
  • Om die regte houding te hê as ek na mense gaan
  • Om te weet hoe ek mense voor die tyd moet voorberei
  • Om te weet hoe ek mense na die tyd ontvang “debrief”

………..  voor of op 6 Maart

Entrepreneurskap – en die Kerk?

Written by Admin on . Posted in Kursusse, VBO

Missionaliteit as Entrepreneurskap vir die kerk in konteks:

Praktiese uitleef van geloof

Waar: Communitas, Stellenbosch

Wanneer: 5-7 Februarie 2019

Aanbieder: Nico de Klerk

Die tafel is gedek!

Ons leef in ‘n tyd van groot uitdagings en geleenthede wat opwindend is vir gelowiges. Persoonlike en geloofsgroei is gewaarborg vir die gelowige wat die terrein betree van betrokkenheid in die ontwikkeling van entrepreneurskap.

Dit bring ‘n nabyheid mee aan die praktyk van christen wees: dat mens voel asof jy langs die Here loop. Hierdie geestelike belewenis is ‘n baie groot behoefte by christene van vandag.

Die relevansie van entrepreneurskap, en die gepaardgaande verandering in denke word internasionaal en plaaslik deur leiers op alle fronte beklemtoon. Dit is ook duidelik belyn met Rom 12.

Wêreldwyd, en beslis in Suid-Afrika, het ons ‘n hele aantal grense om oor te steek. Maar gelowiges het ‘n wonderlike venster-periode geleentheid. Die ASM se besluite oor gemeentes se rol tov armoede, werkloosheid en ongelykheid is ‘n uiters nodige en tydige stap vorentoe.

Die vraag is: hoe pro-aktief kan die kerk wees in reaksie? Want nou gaan dit oor die praktiese implikasies.

Om in te skryf, vul hierdie inskrywingsvorm in: VBO-V1- Missionaliteit as Entrepreneurskap vir die kerk in konteks

en epos na Wilma

Kom kuier en gesels prakties …

Written by Admin on . Posted in Jeug en familie, Kursusse, Tieners, VBO

Tieners met Roeping! 

Het jy al ooit gewonder wat ‘n gepaste manier is om tieners bloot te stel aan nood?

Het jy al nagedink oor hoe jy deur jou jeugbediening jongmense kan beïnvloed om anders te dink oor die uitdagings van ons land?

Wil jy graag tieners (of ander mense) in jou plaaslike gemeente help om holisties en geïntegreerd te dink oor hulle eie roeping?

Dan is hierdie kursus vir jou!

Tieners met Roeping! 24 – 25 Jul 2018   Anriëtte de Ridder en Gielie Loubser (* Residensiële kursus = oorslaap 24 Jul)

Hierdie kursus gaan jou help hoe om tieners …

  • Bloot te stel aan ander kulture,
  • Bloot te stel aan die nood van ons land,
  • Toe te rus om holisties en verantwoordelik daaroor te dink
  • en te begelei

om volhoubare verhoudings te bou in ʼn gemeenskap en om relevant te leef in Suid Afrika met hul gawes!

Hierdie kursus sal jou help om na te dink oor “missionale jeugbediening” deur ‘n teoretiese raamwerk te bied, met relevante blootstelling, sodat integrasie kan plaasvind. Hierdie kursus kan tuis in plaaslike gemeentes deur die deelnemers met tieners of ander gemeentelede herhaal word.

Aanbieders:

Anriëtte de Ridder (PSD: Jeug en Familie)

Gielie Loubser (PSD: Gemeentes)

Jaco Botha (PHD student wat navorsing doen oor Post-Koloniale Uitreik)

Gerhard Duvenhage en Zoleka Majola (JAM: Jabulani African Ministries)

Plek

Anathoth, Bottelary-pad

VBO punte:  20

Vir meer inligting kontak Wilma

Vir ‘n program, kliek hier:  Tieners met Roeping_Program

Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO10 Tieners met Roeping
en stuur na Wilma vóór 18 Julie

Kan Facebook help met die heling van emosionele wonde en trauma?

Written by Admin on . Posted in Jeug en familie, Kursusse, VBO

Berading met behulp van Facebook

Het jy geweet jy kan sosiale mediums (met spesifieke verwysing na Facebook en Instagram) gebruik in die beradingsproses met jongmense?

Op 19-21 Junie 2018 kan jy kom deelneem aan ‘n kursus wat  ingerig word as ‘n baie praktiese werkswinkel oor die beradingsproses met jongmense wat gebruik maak van Facebook en Instagram. Die oogmerk is psigiese asook geestelike groei by jongmense wat algemene funksionering verbeter.

Hierdie is ‘n praktiese kursus en daarom gaan die deelnemers gedurende die kursus:

  • Nuwe Facebook profiele skep en dit ondersoek
  • Geleentheid kry om ander se profiele te ontmasker
  • Gevallestudies aanhoor en praktiese raad inwin
  • ‘n Rollespel waarneem om sekere aspekte van die beradingsproses te beklemtoom wat gebruik maak van Facebook
  • Selfbewuswording versterk en vaardighede leer om onbewustelike prosesse te ondersoek met behulp van Facebook en Instagram
  • Self ervaar hoe daar op ‘n buigbare en nie-bedreigende wyse gekyk word na hul eie eie psigiese en geestelike funksionering en groei te stimuleer ten opsigte van identiteit, verhoudings asook emosionele verwonding en trauma.

Ons hoop deelnemers gaan met die volgende uit die werkswinkel stap:

  • ‘n Nuwe gemaklike benadering om met jongmense te werk en hulle te kan nooi om deel te word van die beradingsproses op ‘n nie-bedreigende wyse.
  • Nuwe insigte om psigiese en geestelike groei by jongmense te stimuleer en gevolglik beter funksionerende individue
  • Praktiese kennis en vaardighede wat hulle wil gaan toepas tydens die werk met jongmense

Belangrik: ter wille van die praktiese aard van die kursus moet jy enige twee foto’s saambring (van jou verlede)

 Sien jou daar!!!

 

Om in te skryf, kliek hier vir die vorm VBO9 Berading mbv Facebook en
stuur die voltooide inskrywingsvorm dan saam met die betaalbewys na Wilmavóór 12 Junie 2018

Ontwikkel vriendskappe oor grense

Written by Admin on . Posted in Ekklesia, Kursusse, VBO, Vennote

Loop Saam –

Walking Together:

Eendag-werkswinkel

Hierdie dag word ʼn spasie geskep vir alle predikante én lidmate wat graag ʼn rol in versoening wil speel.

  • Waar ons oor grense na mekaar uitreik en vir mekaar omgee, leer ons om mekaar met liefde en respek te hanteer.
  • Dan praat ons nie óór mekaar nie, maar met mekaar.
  • Dán, glo ons, sal ons met ander oë na mekaar begin kyk en ook anders teenoor mekaar begin optree.

Ons, die lidmate van die VGK, NGK in Afrika, RCA en NGK, het ʼn verantwoordelikheid om iets hiervan binne ons samelewing te modelleer.

Hoe kan ons mekaar help in die ontwikkeling van volhoubare vriendskappe oor grense?

Dit sluit alle mense in ons breë gemeenskap in.

Kom gesels saam oor hoe ons almal saam die pad na heling kan loop – al vier kerke, as deel van die Seisoen van Menswaardigheid se strategie om die herstel van menswaardigheid in Suider-Afrika te bevorder. Dit is ʼn geleentheid om iemand van een van die susterkerke of uit die breër gemeenskap te nooi om saam met jou die dag by te woon en reeds só iets te beleef van die reis om oor grense heen na mekaar uit te reik.

Collin Goeiman van die VGK en Hannes Theron van die NGK, wat beide praktiese ervaring het van gemeentes wat die Loop Saam proses gedoen het, sal as fasiliteerders optree.

Wanneer: 22 Maart 2018

Waar: Communitas, Stellenbosch

Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier:  VBO5 Loop Saam – Walking Together Eendag-werkswinkel

Vir meer inligting, of om jou voltooide inskrywingsvorm en betaalbewys te stuur, stuur ‘n epos aan Wilma

LW: Indien daar Engelssprekende kursusgangers is, sal die aanbieding in Engels wees, maar jy kan vrae en besprekings in die taal van jou keuse voer.

Tom Long oor Prediking en Aanbidding

Written by Admin on . Posted in Ekklesia, Kursusse, VBO, Vennote

Kursus deur wêreldbekende homileet, die Rev. Dr. Tom Long

Ons is baie bevoorreg om in Maartmaand vir Prof Thomas Long is Suid-Afrika te hê vir `n paar predikantskursusse.

Prof Long is een van die bekendste en mees gerespekteerde homilete in die wêreld en sy boeke oor prediking en erediens word wêreldwyd voorgeskryf vir studente.  Hy het vir `n dekade of wat homiletiek aan Princeton Theological Seminary doseer voordat hy `n soortgelyke pos by Emory Universiteit se Candler School of Theology aanvaar het. Hy word vergesel deur sy vrou, Kimberly, ook ‘n homileet wat klasgegee het by Columbia Theological Seminary.

Hy sal op 12-13  Maart in Stellenbosch `n tweedag-kursus vir predikante aanbied rondom sy boeke The Witness of Preacing (oor die prediking) en Beyond the Worship Wars (oor die erediens, meer spesifiek verantwoordelike Blended Worship).

Dit beloof om iets besonders te wees.  Moenie dit misloop nie!

Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier:  VBO4 Tom Long – Preaching-Worship

Stuur jou inskrywingsvorm en betaalbewys na Wilma

vóór 7 Maart!

Vir meer inligting oor Tom : http://candler.emory.edu/faculty/profiles/long-thomas.html

en Kimberly: https://en.wikipedia.org/wiki/Kimberly_Bracken_Long