Fasiliterende Leierskap Vaardighede: Gevorderd

Written by Frederick on . Posted in Kursusse

In hierdie kursus word predikante en gemeenteleiers gevorderde fasiliteringsvaardighede aangeleer. Fasiliteringstegnieke en vaardighede word in diepte behandel en in-geoefen.Hierdie kursus is vir leiers wat fasiliterende leierskap in hulle eie gemeente of in ander gemeentes as fasiliteerders wil be-oefen. Hierdie kursus is ontwikkel deur CFN, die ekumeniese netwerk vir Gemeentefasiliteerders.
Kontak Divine Robertson by 021-808 3265 of  dr@sun.ac.za om uit te vind wanneer die kursus weer aangebied word of gaan na Dagboek op die webblad.

Fasiliterende Leierskap

Written by Frederick on . Posted in Kursusse

In hierdie kursus word predikante en gemeenteleiers se vaardigheid om leiding te gee ten opsigte van prosesse van verandering in die gemeente ontwikkel. Die kursusgangers word blootgestel aan lense wat hulle help om die dinamika in die gemeente te verstaan.Hierdie lense sluit oa sistemiese-, transformasie-, narratiewe- en konflikhanterings-lense in.

Tydens die kursus oefening leiers die vaardighede in om leierskap vir die praktiese gemeentesituasie te ontwikkel.

Die kursus is saam met die CFN-netwerk ontwikkel. Gaan na Dagboek op die webblad of kontakpersoon Divine Robertson by 021-808 3265 of dr@sun.ac.za vir meer besonderhede

Geestelike leierskap Maart 2008

Written by webmeester on . Posted in Kursusse

Coenie Burger en Braam Hanekom het die werkswinkel oor die twee en ’n halwe dag aangebied.

 

Coenie Burger het die volgende temas behandel:

  • Om weer ja te sê vir Christus en die evangelie
  • Om weer ja te sê vir my roeping as predikant
  • Om weer ja te sê vir my roeping in my gemeente in Afrika

Braam Hanekom het weer op sy beurt oor die volgende onderwerpe gepraat:

  • Basisteorie oor leierskap en die plek van visionering
  • Spanne, konflik en kommunikasie
  • DVD oor ’n onderhoud met Warren Bennis
  • Emosionele intellegensie, selfbestuur en wysheid

Daar
was geleentheid vir kleingroepgesprekke waar die aanwesiges in groepe
van vyf persone verdeel het vir Wandel in die Woord en vir bespreking
rondom die roepingsverhale van die persone in die kleingroep. Die
materiaal wat by die VBO-geleentheid uitgedeel is, het ook bepaalde
artikels oor leierskap en die rol en funksie van predikante bevat.

2008 Kursusse

Written by webmeester on . Posted in Kursusse

KURSUSSE: VIERDE KWARTAAL 2008    13-15 Oktober 2008

Klik hier om die inskrywingsvorm vir VBO week 3 in Word formaat af te laai (60 KB).

Al die kursusse word by die Kweekskool op Stellenbosch aangebied.

Kursustye:

Maandag 13 Okt: 10:00 tot 16:30

Dinsdag 14 Okt:  09:00 tot 16:30

Woensdag 15 Okt: 09:00 tot 13:00

Kontakpersoon:

Chrisna van der Merwe: cmer@sun.ac.za of 021-808 3624 en (f) 021-886 5701

Hoe om die Doop en Nagmaal ’n regmatige en betekenisvolle plek in die bediening te gee. (Coenie Burger, Johan van der  Merwe en Cas Wepener): VBO 15

 Die kursus gaan uit van die oortuiging dat die twee sakramente van Doop en Nagmaal oor die algemeen onderwaardeer en daarom ook onderbenut word in ons gemeentes.  
 In die kursus sal goed gekyk word na:

  •       Hoe ons moet dink oor die betekenis en gebruik van die Doop en die Nagmaal;
  •       hoekom die twee sakramente in die vroeë kerk gebruik is as sigbare simbole aan die hand waarvan die hele evangelie verduidelik is;
  •       hoekom Christus naas die prediking ook vir ons die sakramente gegee het, en wat ons verloor (of riskeer) as ons die sakramente afskeep; en
  •       hoe die viering van die twee geleenthede die erediens en die totale gemeentelike lewe kan verryk.

  

  

Prediking van die Nuwe Testament – in aansluiting by die Leesrooster. (Andries Cilliers, Flip Theron en Eddie Orsmond): VBO 16

In hierdie kursus gaan gefokus word op ons praktiese  prediking in die gemeente.  Daar gaan gesels word oor die prediking, veral die prediking van die Nuwe Testament – aan die hand van die Leesroostertekste vir volgende jaar.  Daar sal enkele algemene insette wees oor die prediking en die NT, maar die meeste tyd sal gebruik word vir fisiese preekbeplanning en –voorbereiding.  Ons gaan poog om in diepte na ten minste 10 NT-tekste te kyk en te praat oor hoe ons verantwoordelik oor die tekste kan preek.

  

  

  

  

   

 

 

 

 

 

 

Rentmeesterskap en gemeentefinansies. (Francois Cillie en Monty Sahd): VBO 24  

Alles behoort aan die Here!   En die Bybel vertel (meer as oor enige iets anders) hoe dat ons geld en besittings reg moet gebruik.   Ongelukkig is meeste leraars bevrees om oor geld te praat.   Maar omdat ons nie vertel wat die Bybel oor geld sê nie, verval meeste kerkvergaderings in ‘n geldgesprek:  “ons het nie geld om te doen waartoe die Here ons roep nie!”    In hierdie aanbieding kyk ons na wat die Bybel oor geld leer; hoe ons as leraars oor die geld-hekkie kan kom; sinvolle dankoffer in die gemeente; ons eie hantering van geld en hoe lidmate daarmee gehelp kan word; praktiese toepassing van Jesus se woorde: waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. 

500 jaar na Calvyn—wat kan ons vandag van hom leer (Robert Vosloo, Dirkie Smit en Coenie Burger) VBO 31

In 2009 vier ons die 500ste herdenking van Calvyn se geboortedag in 1509.  In hierdie kursus wil ons vanuit `n kerklike en gemeentelike perspektief vra wat ons in die tyd nog van Calvyn kan leer.  Nuwe navorsing oor Calvyn en sy tyd laat mense met nuwe oë na hom en sy werk kyk. 
In die kursus sal gekyk word na:

  •    nuwere navorsing en nadenke oor Calvyn en sy tyd, insluitend die fokus op sy eie posisie as vlugteling en die impak daarvan op sy teologie;
  •    Calvyn se teologie, veral sy verstaan van God en ons verhouding met Hom;
  •    wat ons van Calvyn kan leer oor die kerk/gemeentes en die bediening in gemeentes; en
  •    wat ons van Calvyn kan leer oor die kerk en Christene se roeping in Suid(er)-Afrika en ons globale wêreld vandag.

 

 

 

 

 

 

 

Sistemiese probleemoplossing (Frederick Marais)

Hierdie kursus is vir Communitas se diensleweraars om hulle sistemiese denkvaardighede op te skerp. Frederick Marais bied dit saam met Pieter Kloppers aan. Indien u belangstel om dit by te woon as dit weer aangebied word kontak gerus vir Divine by 021-808 3265 of dr@sun.ac.za

 

 

 

 

 

Fasiliterende Leierskap: 20–23 Oktober 2008

 

CFN bied weer ‘n kursus in Fasiliterende Leierskap aan by Communitas op Stellenbosch.  Kontak gerus vir Divine by  dr@sun.ac.za of by 021-808 3265 indien jy belangstel om in te skryf. In hierdie kursus word gemeenteleiers gehelp om die prosesse van transformasie in hulle gemeentes beter te verstaan en kan hulle sodoende beter leiding gee.

Die kursus is ‘n VBO ge-akkrediteerde kursus.

 A – LYS VAN KURSUSSE WAT REEDS IN 2008 AANGEBIED IS

(Die name tussen hakies is nie noodwendig aanbieders nie, maar die persone wat verantwoordelikheid neem vir die kursus)

Geestelike Leierskap (Coenie Burger en Braam Hanekom): VBO 1 en VBO 12

Daar is ’n sterk herwaardering van die belangrikheid van leierskap in ons samelewing. In die kursus sal gekyk word na algemene literatuur en teorieë oor leierskap, maar ook spesifiek na geestelike leierskap. Sake soos leierskap deur die gewone bediening, spanleierskap, bemagtigende

Hoe om lidmate te help om hulle bediening in die gemeente te ontdek (Hannes Koornhof, Johan van der Merwe en Frederick Marais):
VBO 2 en VBO 13

Navorsing dui daarop dat die bemagtiging van lidmate in die volgende paar dekades dalk die grootste enkele uitdaging vir hoofstroom-gemeentes sal wees. In die kursus sal gekyk word na ’n bybelse teorie vir die bediening van lidmate, maar veral na praktyke oor hoe ons in gemeentes daarvoor ruimte maak en dit vestig.

Gestuurde gemeentes benodig gestuurde leiers wat ’n gestuurde bediening kan implementeer (Frederick Marais): VBO 3

Die missionale of gestuurde perspektief op die kerk en gemeentes, is besig om ons beeld of persepsie van die kerk en gemeentes uit te daag. Heelwat gemeentes begin om hierdie perspektief op gemeentes te implementeer. In hierdie werkswinkel werk ons die hele tyd met wat nou in die gemeente, waar jy tans is, gebeur. Ons ontwerp saam ’n perspektief op die bediening van die gemeente vanuit God se “missio-dei” na die wêreld, of soos wat David Bosch sê:  Sending is nie die taak van die kerk nie, maar ’n eienskap van God.  Daar word gekyk na die leierskapsvaardighede en -uitdagings soos geloofsonderskeiding en geloofsdissiplines om as gestuurde leiers eer (te funksioneer. Ons sluit af met die identifisering van eerste stappe om die gemeente se bediening te begin verander na ’n gestuurde bediening.

Hoe om gemeentes betrokke te kry by diens aan die Gemeenskap (Pieter Grove): VBO 4 en VBO 14

Dit is haas onmoontlik om te dink dat daar Christelike gemeentes in ons land is wat nie ’n sterk bediening rondom armoede-bestryding het nie. En tog is dit so!  In hierdie kursus wil ons saam leer 1) hoe ons ons gemeentes meer bewus kan maak van ons taak in verband met armoede en ook hoe ons ons gemeentes inderdaad betrokke kan kry by armoede-bestryding. Daar gaan veral gefokus word op gesamentlike bedienings deur meer as een gemeente.

Predikante: geestelike groei, roepingsverdieping, persoonsgroei en selfbestuur: VBO 5

(Pierre Goosen en Andrew Esterhuizen)
Dit is ’n bekende feit dat die meeste predikante nie goed omsien na hulle eie gesondheid en bedieningsgereedheid nie. In hierdie kursus gaan ons fokus op verskeie fasette van die predikant se mens-wees, persoonsgroei, roeping, algemene gesondheid, ens

Jeug en familie (Christo Thesnaar): VBO 6

Navorsing wys dat een van die beste en sinvolste maniere om vandag se jeug te bereik, is deur die gesin en familie. In die kursus wil ons gemeentes en predikante help om na te dink oor hoe hulle ’n geseënde familie-bediening in die gemeente kan ontwikkel

Gemeentes-wees vir ’n jonger geslag (Nico Simpson): VBO 7

Hoofstroomgemeentes sukkel oor die algemeen om mense wat “te veel” of “te min kerk” gehad het, te bedien. Die vraag is hoe ’n gemeente ook in die hart van hulle bestaan oop kan wees vir mense wat God soek, maar opgegee het op die “kerk”. Hierdie is interaktiewe gespreksruimtes waar ons saam gaan gesels, dink en droom oor hoe om mense wat ontnugter, krities en op die rand van die kerk is, weer te verbind aan “the vintage way”.

Prediking  (Johan Cilliers en Allan Boesak): VBO 8 

Vir gereformeerde predikante is die weeklikse prediking ’n baie groot deel van hulle bediening. As dit goed gaan met jou prediking, kan dit amper nie sleg gaan in die bediening nie – en ook anders om! In die kursus gaan ons kans kry om weer na te dink oor ons verstaan en praktyk van die prediking.

Gemeenteleiding en gemeentebestuur (Hannes Theron): VBO 9

Predikante is nie altyd goed genoeg opgelei vir die leierskap en bestuurstake wat ons op ons neem as ons in ’n gemeente kom nie. In hierdie kursus gaan ons kyk na die leierskaprol van die predikant, maar ook aandag gee aan sake soos projekbestuur, konflikbestuur, veranderingsbestuur, spanleierskap, ens. 

Alleen predikant in ’n makrogemeente?: VBO 10

Heelwat van ons groot gemeentes kan nie die luukse van twee of drie predikante bekostig nie. Dit stel die predikant van so ’n gemeente voor besondere uitdagings. Meer as ander moet ons in so ’n situasie leer om Efesiërs 4:11 se opdrag uit te voer. In die kursus gaan ons kyk hoe ons ander leiers in die gemeente kan toerus om deel van ’n leierspan te word en hulle volwaardige rol in die gemeente te speel. 

Hoe om ’n pastorale sorg- en ondersteuningdiens in die gemeente te vestig (Wilhelm Burger, Hans Steyn, De Wet Schutte en Danie O’Kennedy): VBO 11

Baie van ons lidmate en gesinne spook met moeilike probleme en kwessies – te veel vir die predikant om alleen te hanteer. In die kursus gaan ons kyk hoe ons lidmate in die gemeente kan vestig om te help met die versorging en ondersteuning van mense met persoonlike en gesinsprobleme.

VBO 19:    ’n Roepingsretrait.

Hierdie retraite is by verskeie Ringe in die Wes- en Suid-Kaap aangebied. KOntak vir Joanie Batt by jcab@sun.ac.za of 021-808 3382 vir meer inligting.

VBO 20:    Following Christ’s lead: rethinking our ministry in the light of Christ’s ministry – Andrew Purves

Aflaaibare dokumente

Klik hier om na die dagboek te gaan vir datums en verdere inligting oor die kursusse wat Communitas aanbied.

Klik hier om die program vir die res van 2008 in Word formaat af te laai (40 KB).

Klik hier om die program vir die VBO week 3 – 13-15 Oktober 2008 – in Word formaat af te laai (41 KB).

 

 

A workshop in IMAGINATIVE PASTORAL COUNSELING

Written by webmeester on . Posted in Kursusse

Centre for Contextual Ministry

 

The
CENTER FOR CONTEXTUAL MINISTRY ,

University of Pretoria

presents:

 


A workshop in

 

IMAGINATIVE PASTORAL COUNSELING

 

BY

 

Julian Müller & Lourens Human

 

With co-presenters:

 

JILL FREEDMAN & GENE COMBS

 

CONTENT

 

Freedman
and Combs are internationally known for their leading role as theorists and
family therapists working in the narrative field. Their books, and especially
Narrative Therapy, are well known
and used all over the world. They conduct workshops and courses on various
levels and their Family Centre in Evanston, USA, is famous for the quality of
the courses and therapeutic work present annually. They have co-presented
many courses with Michael White and David Epston and can be regarded as world
leaders in the narrative approach.

 

Freedman
and Combs visited South Africa previously and conducted a level one workshop
in Pretoria. Julian Müller has attended both the level one and two workshops
in Evanston and has also participated with them in an international conference.

 

Prof
Julian Müller and Dr Lourens Human are both lecturers at the University of
Pretoria and are known for their courses and workshops in the narrative
approach to counselling. The workshop of 2008 will be the 8th in
the imaginative way of understanding and conducting pastoral therapeutic
situations
.
 

 

 

NATURE
OF THE WORKSHOP
:

 

This
is an interactive workshop with a lot of practical exercises, role-plays and
sharing of personal experiences.

 

DATE:

 

25-27
AUGUST 2008.

 

VENUE:

 

CE@UP,
Post Graduate School, University of Pretoria

 

COST:

 

·        R1800-00 per person

 

This
includes all study material, refreshments, two lunches and the certificate
for those who qualify. The price as published in the English prospectus had
to change to include refreshments and expenses of the two well known world
leaders in this field. 

 

A
maximum of 36 will be allowed to attend the workshop.

  

INFORMATION
and REGISTRATION:

 

At
the offices of CENTRE FOR CONTEXTUAL MINISTRY, Mrs Suki van Jaarsveld at 012
420 4951/2. Email: suki.vanjaarsveld@up.ac.za.
Fax: 012 420 2000.

 

M. Th. in Bedieningspraktyk as Missionale Transformasie (volledig)

Written by webmeester on . Posted in Kursusse

Die MTh : Bedieningspraktyk as Missionale Transformasie moet beskou word as ’n geloofsonderskeidingsreis waar die Drie-enige God se roeping opnuut ontdek word vir jouself as geestelike leier, vir die gemeente waarin jy staan en vir die gemeenskap waarbinne die gemeente funksioneer. Die reis beoog om die bedieningsproblematiek van gevestigde kerke aan te spreek deur opnuut te besin oor die bestaande programme wat gevolg word. Entrepreneur-kerkleiers uit bepaalde kerkgenootskappe is nodig om binne die akademiese dissipline met hierdie problematiek te worstel. Die uitkoms daarvan moet realiseer in die transformasie van ̓n Christendom-institutêre model van kerkwees tot ̓n dinamiese missionale model, oftewel van ̓n selfgesentreerde tot ̓n ander-se-nood-gefokusde bedieningswyse.

Kom word deel van ’n gestuurde studiereis!

· Deel in die ontluikende geleenthede wat in Suider-Afrika deur missionale transformasie ontvou.

· Ervaar geestelike groei saam met 10 kollegas en 12 “dosente” oor ’n periode van twee jaar.

· Kom drie maal per jaar vir ‘n week lank byeen, telkens in ’n ander bedienings- en gemeenskapskonteks.

· Werk saam met mentors en bly deurentyd deur middel van die internet in gesprek met die groep wat die reis meemaak.

· Ervaar kruis-kulturele blootstelling en deel in die internasionale samewerkingsooreenkoms van die “Partnership for Missional Church.”

 

Die program is daarop toegespits om kerkleiers in Suider-Afrika toe te rus om hul gemeentes te lei in ’n kulturele transformasieproses. Dit kom neer op ̓n teologiese paradigmaverskuiwing wat veel ingrypender is as die aanleer van nuwe tegniese vaardighede. Die aanbiedingswyse, leersituasie as sodanig en die navorsingstyl moet die nuwe paradigma beliggaam, demonstreer en fasiliteer. Leierskap word gesien as ̓n uitvloeisel van ̓n lewe in die Triniteit, van luister en dien en oor grense beweeg.

 

Ses modules (Blogs)

 

‘n Span van twee aanbieders werk saam met die “studente” as ‘n groep. Ses kontaksessies (blogs) vind plaas gedurende die twee jaar, waartydens die studiemateriaal aangebied word binne nuwe bedienings- en gemeenskapsgeoriënteerde kontekste.

 

BLOG 1 – Tritiniteit en identiteit (missio Dei):

Stellenbosch: 14 -20 Februarie 2009: Prof Nelus Niemandt & Rev Danie Mouton

 

BLOG 2 – Spiritualiteit:

Somerset West: 13 -19 Junie 2009: Dr Breda Ludik and Father Fred Hendricks.

 

BLOG 3 – Ontdek God in die konteks:

Port Elizabeth: 26 September – 2 Oktober 2009: Prof Jurgens Hendriks and Rev Danie Mouton.

 

BLOG 4 – Gestuurde-gemeente kultuur:

Durbanville: Februarie 2010: Drr Nico Simpson, Frederick Marais and Gordon Dames.

BLOG 5 – Missionale leierskap:

Pretoria: Junie 2010: Drr Theo Geyser and Marius Nel.

 

BLOG 6 – Koninkryksgerigte gemeenskappe:

George: September -Oktober 2010: Drr Xolile Simon and Christo Thesnaar.

 

Die ses modules dra 50% by tot die finale prestasiepunt. ‘n Tesis dra die orige 50%.

 

Toelatingsvereistes

Diegene wat wil aansoek doen moet oor die volgende beskik:

· ‘n vier-jaar graad in Teologie, OF

· ‘n toepaslike vier-jaar kwalifikasie wat goedgekeur is deur die Senaat, OF

· ‘n US Nagraadse Diploma in Teologie

 

Diegene wat aansoek wil doen moet betrokke wees in ‘n gemeente en geskrewe toestemming van die gemeente hê om deel te kan neem aan die program.

 

Aansoeke

Aansoeke moet die Fakulteit teen 31 August 2008 bereik en geen laat en/of onvolledige aansoeke sal aanvaar word nie.

Net agt studente word gekeur per jaar. Studente wat die kortlys maak sal daarvan verwittig word in die week van 1-5 September 2008.

Finale individuele onderhoude sal gehou word in die eerste drie weke van September, by die Teologiese Fakulteit in Stellenbosch.

Diegene wat gekeur word vir die kursus sal daarvan verwittig word in die laaste week van September.

 

Aansoekvorms kan gekry word by:

· http://academic.sun.ac.za/theology/programmes.htm

· Jurgens Hendriks, by hjh@sun.ac.za

· die sekretaresse van die Teologiese Fakulteit.

 

Voltooide aansoekvorms kan:

· ingehandig word by die sekretaresse van die Teologiese Fakulteit,

· OF gepos word aan Prof. H.J. Hendriks

Faculty of Theology

Stellenbosch University

171 Dorp Street

Private Bag X1

Matieland

7602

*** geposte aansoekvorms moet die Fakulteit bereik teen 31 Augustus 2008, anders sal dit nie vir keuring oorweeg word nie ***

· OF gefaks word aan +27 (0)21 808 3251, vir aandag H.J. Hendriks.

 

Verder inligting

Vir meer inligting aangaande klasgelde en betalingsopsies, sien Afdeling 3 van die jaarboek, by http://www.sun.ac.za/university/jaarboek/

Vir meer inligting aangaande die kursus, besoek http://academic.sun.ac.za/theology/programmes.htm

Vir enige verdere navrae, kontak Jurgens Hendriks by hjh@sun.ac.za of Frederick Marais by jfm@sun.ac.za

 

Terugvoer van studente

Die aanbieding was deurleef en nie net teoreties van aard nie. Die praktykgerigte aard van die leesstof is baie sinvol.

Ek het moeg by die ontmoetingsgeleentheid gearriveer, maar het die retreat-ervaring as ’n hoogtepunt beleef en het na afloop daarvan vars en nuut gevoel met ’n nuwe insig en verstaan van my roeping.

Ek ervaar myself as ryker na die week saam en het meer helderheid oor my rol in die gemeente en gemeenskap.

My spiritualiteit is van ’n aktiewe aard, maar ek kry nie altyd te midde van my besige program kans om genoegsaam aandag daaraan te gee nie – het die tyd saam genesend gevind.

Dit was verblydend om te sien hoedat selfs die aanbieders energie uit die interaksie geput het.

M.Th. : Ministry in Missional Transformation

 

The MTh: Ministry in Missional Transformation should be regarded as a discernment journey during which you discover the Triune God’s calling for yourself as a spiritual leader, for the congregation to which you belong and for the community within which the congregation functions. The object of the journey is to address the established churches’ ministry problems by reflecting anew about the existing programmes that are followed. Entrepreneurial church leaders are needed to grapple with these problems within the academic discipline. The outcome should lead to the transformation of a Christendom-institutional way of being church towards becoming a dynamic missional church; from being self-centred towards becoming focused on “the other” and the spiritual and other needs of our society.

 

You are invited to join a missional study journey!

· Share in the budding opportunities that are developing through missional transformation in Southern Africa.

· Experience spiritual growth with 10 colleagues and 12 ‘lecturers’ over a period of two years.

· Meet for a week three times per year, frequently in another context of ministry and community.

· Work with mentors and, by means of the Internet, debate continuously with the accompanying “tour” group.

· Experience cross-cultural exposure and share in international cooperation with the “Partnership for Missional Church.”

 

The goal of the MTh programme is the equipping of church leaders in Southern Africa to lead their congregations in a cultural transformation process. This process implies a theological paradigm shift that is much more profound than learning new technical skills. The way of presenting, the learning situation as such and the style of research must embody, demonstrate and facilitate the new paradigm. Leadership is viewed as the product of life in the Trinity, of listening and serving and moving across borders.

Six Modules (Blogs)

A team of two presenters work with the “students” as a group. Six contact sessions (blogs) take place during the two years, during which the study material is offered within new ministry- and community-oriented contexts.

BLOG 1 – Tritinity and identity (missio Dei):

Stellenbosch: 14 -20 February 2009: Prof Nelus Niemandt & Rev Danie Mouton

 

BLOG 2 – Spirituality:
Somerset West: 13 -19 June 2009: Dr Breda Ludik and Father Fred Hendricks.

 

BLOG 3 – Discover God in the context:
Port Elizabeth: 26 September – 2 October 2009: Prof Jurgens Hendriks and Rev Danie Mouton

 

BLOG 4 – The culture of a missional congregation:

Durbanville: February 2010: Drr Nico Simpson, Frederick Marais and Gordon Dames.

BLOG 5 – Missional leadership:

Pretoria: June 2010: Drr Theo Geyser and Marius Nel.

 

BLOG 6 – Kingdom-directed communities:

George: September -October 2010: Drr Xolile Simon and Christo Thesnaar.

 

The six modules contribute 50% to the final mark. A thesis contributes the other 50%.

 

Admission requirements

Applicants must have a:

· four-year degree in Theology, OR

· appropriate four-year qualification deemed suitable by the Senate, OR

· US Postgraduate Diploma in Theology

Furthermore, applicants must be involved in a congregation and have the written approval of the congregation.

 

Applications

Applications close 31 August 2008 and no late and/or incomplete applications will be accepted.

Only eight students are accepted per year. Those who make the short list will be notified in the week of 1-5 September 2008.

Final individual interviews will be done in the first three weeks of September, at the Theological Faculty in Stellenbosch.

Successful applicants will be notified in the final week of September.

 

Application forms are available at

· http://academic.sun.ac.za/theology/programmes.htm

· Jurgens Hendriks, at hjh@sun.ac.za

· the secretary of the Theological Faculty.

 

Completed application forms can be:

· handed in at the secretary of the Theological Faculty,

· OR posted to Prof. H.J. Hendriks

Faculty of Theology

Stellenbosch University

171 Dorp Street

Private Bag X1

Matieland

7602

*** posted applications must reach the Faculty at no later than 31 August 2008 in order to be considered***

· OR faxed to +27 (0)21 808 3251, for the attention of H.J. Hendriks.

 

More information

For more information regarding fees and payment options, see section 3 of the yearbook at http://www.sun.ac.za/university/jaarboek/

For more information about the course, visit http://academic.sun.ac.za/theology/programmes.htm

For any further enquiries, contact Jurgens Hendriks at hjh@sun.ac.za or Frederick Marais at jfm@sun.ac.za

 

Feedback by students

The presentation was based on experience – not merely of a theoretical nature. The literature’s practice-directed nature is most meaningful.

Upon arrival at the meeting event I was tired, but found the retreat experience to be a highlight. After this, I felt fresh and newly created with new insight and understanding of my calling.

After the week together, I experience myself as being richer and I have more clarity about my role in the congregation and community.

My spirituality is of an active nature but, during my busy schedule, I do not always find the time to pay sufficient attention to it. The time together was a healing experience.

It was good to see how even the presenters attained energy from the interaction.

 

M. Th. in Bedieningspraktyk as Missionale Transformasie

Written by webmeester on . Posted in Kursusse

Die MTh : Bedieningspraktyk as Missionale Transformasie moet beskou word as ’n geloofsonderskeidingsreis waar die Drie-enige God se roeping opnuut ontdek word vir jouself as geestelike leier, vir die gemeente waarin jy staan en vir die gemeenskap waarbinne die gemeente funksioneer. Die reis beoog om die bedieningsproblematiek van gevestigde kerke aan te spreek deur opnuut te besin oor die bestaande programme wat gevolg word. Entrepreneur-kerkleiers uit bepaalde kerkgenootskappe is nodig om binne die akademiese dissipline met hierdie problematiek te worstel. Die uitkoms daarvan moet realiseer in die transformasie van ̓n Christendom-institutêre model van kerkwees tot ̓n dinamiese missionale model, oftewel van ̓n selfgesentreerde tot ̓n ander-se-nood-gefokusde bedieningswyse … Volledige artikel