2009 Konferensies

Written by webmeester on . Posted in Konferensies

Klik hier vir die kalender en blaai na 2009 vir dié konferensies wat al gelys is.

17-18 Februarie

’n Gebedskonferensie vir geestelike leiers en predikante. 

18-20 Mei 2009

Wat kan ons uit die Handelinge boek leer oor Missionôre Gemeentewees. ‘n Kursus wat gesamentlik aangebied word deur Communitas en Fakulteit Teologie.

25-26 Augustus 2009

Verantwoordelike Vernuwing by Stellenberg.

9-11 November 2009

Konferensie oor 5 jaar van gestuurdheid word gehou by Helderberg NGK.

 

A workshop in IMAGINATIVE PASTORAL COUNSELING

Written by webmeester on . Posted in Kursusse

Centre for Contextual Ministry

 

The
CENTER FOR CONTEXTUAL MINISTRY ,

University of Pretoria

presents:

 


A workshop in

 

IMAGINATIVE PASTORAL COUNSELING

 

BY

 

Julian Müller & Lourens Human

 

With co-presenters:

 

JILL FREEDMAN & GENE COMBS

 

CONTENT

 

Freedman
and Combs are internationally known for their leading role as theorists and
family therapists working in the narrative field. Their books, and especially
Narrative Therapy, are well known
and used all over the world. They conduct workshops and courses on various
levels and their Family Centre in Evanston, USA, is famous for the quality of
the courses and therapeutic work present annually. They have co-presented
many courses with Michael White and David Epston and can be regarded as world
leaders in the narrative approach.

 

Freedman
and Combs visited South Africa previously and conducted a level one workshop
in Pretoria. Julian Müller has attended both the level one and two workshops
in Evanston and has also participated with them in an international conference.

 

Prof
Julian Müller and Dr Lourens Human are both lecturers at the University of
Pretoria and are known for their courses and workshops in the narrative
approach to counselling. The workshop of 2008 will be the 8th in
the imaginative way of understanding and conducting pastoral therapeutic
situations
.
 

 

 

NATURE
OF THE WORKSHOP
:

 

This
is an interactive workshop with a lot of practical exercises, role-plays and
sharing of personal experiences.

 

DATE:

 

25-27
AUGUST 2008.

 

VENUE:

 

CE@UP,
Post Graduate School, University of Pretoria

 

COST:

 

·        R1800-00 per person

 

This
includes all study material, refreshments, two lunches and the certificate
for those who qualify. The price as published in the English prospectus had
to change to include refreshments and expenses of the two well known world
leaders in this field. 

 

A
maximum of 36 will be allowed to attend the workshop.

  

INFORMATION
and REGISTRATION:

 

At
the offices of CENTRE FOR CONTEXTUAL MINISTRY, Mrs Suki van Jaarsveld at 012
420 4951/2. Email: suki.vanjaarsveld@up.ac.za.
Fax: 012 420 2000.

 

Lidmaatdeelname: die storie van ‘n inkommer

Written by webmeester on . Posted in Konferensies

1. Hoe nuwelinge kan seker maak dat hulle as ‘inkommers’ en nie as ‘indringers’  beskou word nie

  • Inkommers moet die inisiatief neem om in te skakel en uit eie oortuiging betrokke te raak.
  • Laat dit duidelik word deur aksie en nie net deur woorde nie, dat jy bereid is om jou volle gewig by die gemeente se bedrywighede in te gooi.
  • Stel die kerkkantoor in kennis van jou belangstellings en ervaring – vra raad oor waar jy kan inskakel/’n bydrae lewer.
  • Maak vinnig kontak met die leraar/s en bou ‘n vertrouensverhouding op.
  • Skakel vinnig in waar jy kan bydra en waar jy ‘n belangstelling/vernuf het.
  • Moet jouself nie opdring nie – lankgevestigde lidmate (selfs ook predikante en/of kerkraadslede) kan ‘bedreig’ voel.
  • Praat met mense en leer hulle ken – groet die mense waarlangs jy in die kerk sit en gesels na die erediens met hulle.
  • Wees bereid om by tye buite jou gemaksone te werk!

2. Wat kan gemeentes doen om inkommers (van beide die stad asook van ander plattelandse gemeentes) te verwelkom en te laat inskakel?

  • Volg attestate/lidmaatsertifikate op wat oorgeplaas word, want dit is gewoonlik ‘n goeie aanduiding dat die nuwe intrekkers wil inskakel.
  • Besoek hulle binne hul eerste twee weke van aankoms – dit sê vir hulle dat hulle belangrik is.
  • Bied hulp aan om hulle gou vertroud te laat raak met hul nuwe dorp, kerk, gemeenskap en omgewing – nuwe intrekkers het gewoonlik baie vrae; en hulp met die alledaagse goed bou goeie vertrouensverhoudinge tussen mense.
  • Probeer om NIE die kerk se almanak en die offergawekoevert met die eerste besoek by die persone te laat nie! Dit kan later kom. Die eerste besoek moet uiteraard een van verwelkoming en ’n geleentheid om enige spesifieke behoeftes wat hulle mag hê te bespreek.
  • ‘n Bedieningslys met die gemeente se verskeie diensgroepe en aksies op, kan inkommers help om te besluit waar hulle in die toekoms betrokke wil raak.

3. Watter vaardighede, ondervinding  én ‘onkunde’ bring inkommers van die stad af saam met hulle?

  • Die platteland verskil in dié opsig dat alles wat met elkeen gebeur, soort van almal raak – in ’n kleiner gemeenskap moet onthou word dat leiers van een geslag na ’n ander mekaar opvolg (familie-tradisies) en dit maak dit soms moeilik vir inkommers om met nuwe idees en insigte na vore te kom wat aanvaarbaar sal wees vir lankgevestigde gemeentelede.
  • Sakekennis en stadskennis en –ervaring. Plattelandse gemeentes is hoofsaaklik landbougemeenskappe en inkommers met ander vaardighede, kennis en insigte kan gemeentes help om bietjie weg te breek van wat soms amper ‘n kloostermentaliteit kan  word.
  • Inkommers kan wat in die stad en in stadsgemeentes gebeur in ‘n plattelandse konteks soms hervertaal en aanvaarbaarder maak vir mense op die platteland.
  • Inkommers kan soms buite die kulturele raamwerk van kleiner dorpe dink en oplossings vir probleme en uitdagings help vind.

4. Wat kan ‘n plattelandse gemeente doen om stadsinkommers gou tuis te laat voel en betrokke te raak?

  • Gasvryheid is ‘n belangrike ‘geloofsgemeenskapswoord’ – dit geld vir die gemeente sowel as nuwe inkommer/s.
  • Respekteer die inkommer se keuse of hy/sy onmiddellik by gemeentebedrywighede en/of -aksies betrokke wil raak al dan nie. Dikwels word lidmate vervreem juis deur onoordeelkundige benadering sodra hulle aanmeld of aangemeld word. Dit kan gebeur dat ’n “begeesterde” lidmaat (kerkraadslid) iemand tromp-op loop en verwagtings koester wat die persoon meer vervreem as nader te trek.

5. Hoe beïnvloed die ‘kultuur’ en tradisie van ‘n plattelandse gemeente die inkommer self? Watter aanpassings moet hy/sy maak?

  • Die “inkommer” kan afhangende van waar hy of sy kom nogal ’n kultuurskok ervaar.
  • Dis moeilik vir ’n kleiner gemeente (minder as 1 000 lidmate en plus-minus 400 meelewende lidmate) om gevestigde tradisies prys te gee. Die gemeente mag in ‘n geloofsgemaksone (tradisie) verkeer, wat moeilik is om te bowe te kom. Tye verander egter en gemeentes moet kan saambeweeg. Inkommers hoef nie noodwendig aanpassings te maak nie, maar uit oortuiging kan die gemeente positief beïnvloed word en kan tradisie wel vernuwe. Kultuur is ’n ander saak:  veral ouer lidmate vind dit moeilik om te akkommodeer en dinge uit ’n ander perspektief te sien.
  • Moedergemeentes het oor die jare heen ‘n bepaalde en ‘eie’ kultuur agv jarelange tradisies ontwikkel (bv kerkrade – elkeen kry sy ‘beurt’ om ‘n kerkraadslid te wees); baie lidmate het hul ‘eie sitplek’ in die kerk; daar is bodorp- en onderdorplidmate ensovoorts wat die inkommer kan verwar en ontuis laat voel – veral wanner hy/sy ‘n fout begaan (bv deur op iemand anders se sitplek te gaan sit!).
  • Soms het plattelandse gemeentes ‘n ‘geslote’ kultuur en ‘n soort vrees vir nuwe inkommers (‘wie is hulle en wat kom maak hulle hier?’).
  • Omdat groot persentasies van plattelandse gemeentes se lidmate (en veral hulle kerkrade) boere is, kan daar ‘n outoritêre kultuur (‘baas-van-die-plaas’) veral onder die kerkraad heers wat moeilik is om te verander of om van af te sien.

6. Waar lê daar dalk haakplekke waarvoor inkommers na plattelandse gemeentes op die uitkyk moet wees?

  • Haakplekke moet in geleenthede en groeiplekke omgeskep word!
  • Moet nie haakplekke negeer nie – hanteer hulle!
  • Wees op jou hoede om nie jou suksesstorie van die verlede aan jou nuwe gemeente te kom verkoop nie.
  • Op die platteland kan die boerderygemeenskap, die sakewêreld en die sosiale strukture so vermeng dat hierdie intiemer betrokkenheid dikwels openhartige en objektiewe besluitneming rem. Hierdie werklikheid openbaar homself noodwendig ook by kerkraadsbesluite en gemeentelike strukture.
  • Ingewikkelde sosiale en familieverwantskappe en netwerke in die gemeente kan ‘n mynveld vir inkommers wees!

7. ‘n Goue reël vir inkommers!

  • Koester omsigtigheid, bedagsaamheid en respek vir die kultuur en tradisies van die nuwe gemeenskap waarvan jy self gekies het om lid te word.

‘n Praktiese lys van moets en moenies om die oorgang vir Inkommers makliker te maak

  1. “When-we” – Moenie aanhoudend na jou vorige / ou gemeente verwys nie. Dit sê soms vir ander mense dat jou hart nog daar lê. Indien nodig, sê eerder dat jy van ’n gemeente weet wat wel dit of dat doen. Maak seker dat jy as ‘n ‘inkommer’ en nie as ’n beterweter beskou word of van ’n hovaardige houding beskuldig word nie. Gun jouself eers tyd om deeglik waar te neem voordat jy kommentaar lewer!
  2. As jy op ’n gebied vaardig is, bv jy’t ’n nuusbrief in jou vorige gemmente geredigeer, of jy was koster daar, en jy is bereid om in die nuwe gemeente hierby betrek te word, sê dit. Plattelandse gemeentes soek veral sake-vernuf soos mense-kennis, syfervaardigheid, reklame-vernuf, opleidingsondervinding, ens.
  3. Baie keer is die soiale en familienetwerk op ’n dorp baie ingewikkeld en mens kan ’n lelike bloutjie loop as jy dit nie in ag neem nie. Die onwaarskynlikste mense is òf familie òf aangetroude familie of vriende van mekaar.
  4. Elke dorp het sy legendes en stories, asook sy legendariese persone. Luister na die stories en leer die mense ken. So kan jy ’n netwerk uitbou wat as ’n soort infrastruktuur vir jou kan dien.
  5. Kyk uit vir ander inkommers en maak vriende met hulle.
  6. As jy in ’n nuwe dorp ‘n huis koop, gebruik die verkoopsagent se kennis van die dorp om gou op dreef te kom – vra uit bv wie dink hy/sy die beste loodgieter, doktor, tandaarts ens. op die dorp is. Maak aantekeninge – dit sal later baie handig wees.
  7. Doen moeite om mense te leer ken en hulle te laat weet dat jy nuut op die dorp is. Vra hulle raad oor dinge – so word jy gou aanvaar as iemand wat gaaf is en wat “nie te trots is om hulp te vra nie!”
  8. Raak by dinge betrokke – bv die dorp se belastingbetalersvereniging, die Vryburgers, die rolbalklub, die kunstevereniging, ’n selgroep, die vrouediens, die basaarkomitee, die koor, ensovoorts. Vermaak op ’n dorp is beperk en die dorpenaars self voorsien baie van hulle eie vermaak.
  9. Moet nooit in die begin ’n sosiale uitnodiging (bv vir koffie of ‘n ete) afwys nie – kanse is dat jy dan nie ’n tweede uitnodiging sal ontvang nie.
  10. Baie dorpe se moedergemeentes is redelik oud – koop of leen boeke wat oor die gemeente se geskeidenis uitgegee is om byvoorbeeld ’n eeufees te herdenk – ’n mens leer baie daaruit wat jou ’n belangrike agtergrond kan gee.

Die storie van die kerk op ‘n plattelandse dorp is ook in baie opsigte die storie van die dorp self!

Dave Reid
Gemeentekoördineerder, Robertson-Moedergemeente
Junie 2008

Met dank aan die volgende persone wat ruim hiertoe bygedra het:

  • Mnr Ignatius du Plessis; kerkraadvoorsitter, Moedergemeente, Robertson
  • Di Walla Koen en Pieter Steyn, leraars, Moedergemeente, Robertson
  • Mev Ida Kriel, skriba, Moedergemeente, Robertson
  • Mnr Ambro Hayward, diensgroepleier – nuwe intrekkers, Moedergemeente, Robertson
  • Mev Helen Dewing, lidmaat, Adelaide Presbyterian Church

Demografie – ’n Golf van Verandering

Written by webmeester on . Posted in Konferensies

1.  Demografie verwys na bevolkingsamestelling.
Nooit staties – maar dinamies.

  • Bely:
    • Nie al die kennis in pag – daarom nie al die antwoorde.
    • Verstaan elke samelewing uniek: Verskillende faktore – soos bv. ekonomie en ekologie – laat proses van demografiese verandering in elke gemeenskap anders verloop.
  • Ooreenkom:
    • Luister na mekaar se stories
    • Leer uit mekaar se ondervinding

2.  Doen drie dinge:

  • Prinsipieel dink
  • Vertel George-Suid se storie – wat gebeur – hoe reageer
  • Integrasie – verstaan uitdagings – sien geleenthede – visie wat om te gaan doen.

3.  Leonard Sweet se storie:

  • God is creating us a wave
  • Een van drie dinge doen:
    • óf sit passief en wag – golf jou toe tiep – word drenkeling – versuip
    • óf mis die golf – beland agter in maalkolk van troebel water
    • óf kry jou plank reg en ry die golf

4.  Tendense:

  • Kaart van sinodale gebied – verstaan topografie, ekologie, ekonomie
  • Nagfoto – mense trek na die liggies toe
  • As gevolg van eiesoortigheid van ons geografie – vier tendense:
    • Ontvolking – wie bly agter: oumense en vroumense?
    • Verstedeliking/verdorping: wie is ons nuwe kliënte?
    • Middestad sindroom: sakekern sluk woonbuurte in?
    • Reënboog effek: multikulturele integrasie van tradisionele monokulturele geloofsgemeenskappe

5.  Die Sigmoid kurwe – help ons – anders te dink oor wat met ons gebeur:

  • Lewende organismes – groeikurwe in gemeen: ontkiem; groei, blom, verwelk.
  • Is dit ook op samelewingsverbande – soos bv. gemeentes – van toepassing?
  • Dis normaal – nie ’n ramp nie – dis ’n geleentheid – nie verleentheid
  • Vrede: as ’n ding se te tyd om is – laat hom sterf.  Plant vir jou ’n nuwe een
  • Don’t fear change – create change – maak vir jou ’n nuwe golf!
  • Voordat die organisme dood – nuwe een plant.  Create new wave.
  • Venster periode om dit te doen – te gou; of te laat
  • Geloofsonderskeiding – wanneer?

6.  Transformasie kurwe:

  • Van die oue – na die nuwe – nie reglynige program nie.  Pynlike proses van verandering
  • Sien diagram vir verskillende stappe
  • Soek afbreekpunt: vir ons was dit aftrede van Leraar
    • Jellie laat smelt
    • Solank as moontlik gesmelt hou – anders kopskuif mense nie
    • Bestuur chaos
  • Waar is jy nou op die kurwe?

7.  Ons eie verhaal:

  • Ruimtelike ontwikkelingsplan – oomblik van waarheid – Suid-Kaap groeipunt
  • Reaksie:
    • Vrek geskrik
    • Road show – inligting kommunikeer
      • Demografie verskuiwing: ontvolking van tradisionele lidmate: verdigting van woonbuurte
      • Geografiese verandering: grense vervaag – tussen gemeentes; tussen denominasies; nuwe stadsontwikkeling
      • Teologiese uitdaging: bidplekke soos paddastoele – nuwe vennootskappe
      • Ekonomiese implikasies
    • Strategiese beplanning – Buvton – 2jr. – nuwe visie en missie geformuleer
    • Bedieningsmodel herontwerp: behou bestaande – begin ’n nuwe – evolusionêr
      • Diversifiseer eredienste – voorsiening vir nuwe spiritualiteit
      • Skep inklusiewe karakter – dubbel medium bediening
      • Gawe gedrewe aksies – maksimum betrokkenheid

8.  Vertel jou storie:

  • Hoe lyk die golf van verandering in jou gemeenskap – wat gebeur
  • Watter nuwe geleenthede ontstaan – hoe reageer
  • Hoe moet jy jou surfboard reshape om die golf te ry – wie modelleer

Die geestelike werker in ‘n plattelandse gemeente

Written by webmeester on . Posted in Konferensies

Hoe
is/ word geestelike sorg ‘n bron van hoop?

Dr Jannie Richter

18 Mei 2008 – tydens Cedarberg-konferensie
vir Plattelandse gemeente

1. ‘n
Geestelike gesprek

‘n Onlangse gesprek met ‘n egpaar tydens
huisbesoek.

Na ‘n vriendelike ontvangs, gaan die
gesprek ‘n wyle oor hulle hondjies wat tussen ons aan die woel is, dan oor
hulle en my kinders wat reeds hulle eie beroepe volg. Ons praat oor die voorreg
om op ‘n afgeleë plek te woon en werk waar die druk stadslewe mens nie so erg
beïnvloed nie. Toe daar ‘n paar oomblikke van stilte kom, vra ek die vraag wat
op my hart lê (P = pastor; M = man; V = vrou):

P: M, ek merk jy kom nie in die erediens
nie. Is daar ‘n probleem of iets wat jou hinder?

M: Dis my prerogatief. [Klink effens
aanvallend]. Sondag is my enigste afdag en ek wil dit graag gebruik om my eie
dinge te doen. Buitendien hou ek nie baie van X nie [X is ‘n redelik prominente
gemeenteleier]. Ek maak nie ‘n moordkuil van my hart nie. Dit is nou maar so en
ek verkies dus om my maar eenkant te hou. Maar jy moet asseblief nie dink die
Here is nie vir my belangrik nie. Ek beskou myself as ‘n Christen. Sonder die
Here is ek niks. [Daar is nou ‘n glinstering van trane in sy oë; emosie is in
sy stem hoorbaar.]

P: Ek sien jy het die ding al vir jouself
uitgemaak. Ek het gedink dis belangrik dat ek vra sodat jy kans kry om te praat
as iets jou hinder.

M. En ek hoor jou preek Sondagoggende. Ek
vang jou hier op die TV op. Die beeld is nie baie goed nie, maar die klank is
perfek. [Ons uitsending na die Dienssentrum kan inderdaad op TV opgevang word!
Meer mense benut skynbaar die voordeel.]

V: Dit is so. Ons vang die uitsending
eintlik baie goed op.

P: Ek is dankbaar dat die uitsendings vir
julle iets kan beteken. Die Here stap met elke mens sy eie pad. Hy sal ook
geleenthede skep om met julle praat soos Hy wil. M, ek hoor jy sê jy probeer
naby Hom bly sodat Hy jou geestelik kan vorm.

M: Jy hoef nie oor my bekommerd te wees
nie. Ons sal nie weggaan nie. Ons bly deel van die gemeente. Ek sal kom praat
as ek die behoefte het.

P: Ek is bly jy sê jy het vrymoedigheid
om te kom praat. V, gaan dit goed met jou ook?

V: Dit gaan goed. (Vertel iets van haar
werksomstandighede wat vir haar goed is.)

P: Ek sal graag saam julle wil lees en
bid. Is dit in orde met julle?

Beide bevestig.

P: Lees uit 1 Kor. oor die huwelik.
Wissel gedagtes oor die gawe van die huwelik. Sluit aan by die gemeente se
jaartema van die ‘skat in erdekruike’ en beklemtoon dat ‘n huweliksverhouding
ook vir ons gegee word om ons met die skat van God se liefde te vervul. Bid
saam en neem afskeid.

 

Bespreek:

·        
Wat is jou gewaarwordinge n.a.v.
die gesprek?

·        
Hoe funksioneer die konsep van
hoop in geestelike werk van leraars en lidmate? Kan die gesprek enige lig
daarop werp?

2. Die
Oos-Kaapse aksie

·   Aanleiding –

Ontvolking van die platteland; ringe in die
NG Kerk het weinig leraars gehad; kleiner gemeentes kan nie meer beroep;
moontlik tekort aan leraars binne volgende dekade; dikwels geen aflosleraars
beskikbaar in vakansies of wanneer leraar weg is.

Ook in VGK is hele ringe in die platteland
sonder leraars.

NG Kerk het baie lidmate & kerkraadslede
wat sterk is in geloof, goed gevorm deur getroue kerkgang en kategese; hulle
behoefte is om met vertroue te kan instaan vir leraars; kan ook ‘n
bedieningspan saam met leraars vorm.

·   Proses –

Ses leraars opgelei deur Senrtum vir
Konteksutele bediening (Prof M. Nel) – Gemeentebou, Prediking, Pastoraat;
jeugwerk word ook oorweeg – geakrediteer om namens Sentrum baisese kursusse te
kan aanbied. Eie materiaal is saamgestel vir spesifieke behoefte van NG Kerk –
prediking, Pastoraat: elk 20 -sessies van een uur; kerkraade en ringe word
verbind om opgeleide lidmate diensgeleentheid te gee en om hulle bedieing te
mentor; bykans 160 lidmate sal hierdie jaar opleiding ontvang.

3. Vyf
dimensies van die plek in rol van geestelike werker

(a) Wie
& wat is die geestelike werker/ geestelike werk?

“ Geestelike werker as verlengstuk van die
predikant se bediening”.

 (In
waarheid: Elkeen het volwaardige bediening deur God opgedra; spanwerk as
liggaam…)

            “Geestelike
werk is wat God deur mense doen wanneer Hy mense voorberei en vorm om   deel te wees van sy Koninkryk.”

= enige een wat
op enige manier die gemeente en lidmate bystaan om die wil van die Here te
onderskei.

·        
‘n Geestelike werker is ‘n gawe
van God aan die gemeente;

 

·        
Geestelike werk het met
‘leierskap’ te doen;

 

·        
Ons kan God se hoop reflekteer of
verdof/ verduister

(b) gemeentelike
prosesse

Prosesse van geestelike sorg wat hoop
bring vir mense in die platteland

Gemeente = sisteem (Liggaam van Christus);
werker (predikant, ouderling, lidmaat)= nie alleen.

Sisteem wat leef = groei en in verhaal
ontvou.

Gerkin:

Pastoraat = sorg vir

(a) christelike ‘tradisie’                         ‘n
gemeenskap van herinnering! Kategese, erediens – liturgiese jaar

(b) kultuur                                
          gemeenskap van taal! Taal as
primêre kulturele instrument en navraag; gesprek, bybelstudie (leiding);
vergaderings; ‘pelgrimstogte’!

(c) indiwidue en families                     gemeenskap
van liefde en sorg; vader- en moederskap; huisbesoek op verskeie geleenthede

(d) geloofsgemeenskap                        gemeenskap
van sending; draers van waarheid, getuies van die werk van God in die hede!
Diens van gasvryheid

‘n Ontvouende verhaal – binne die vloei van gebeure en veranderende
tye.

 

Hoop:

l  God is deel van die sisteem; sy verhaal gaan voort met gewisse
hoopvolle einde.

l  God werk met die taal van geloof

l  verhoudings is geleenthede vir groei – besonder in die platteland

(c) ‘n
houding en benadering

… wat maak geestelike sorg effektief
sodat mense inderdaad draers van hoop is?

·        
“Laat God God wees”

·        
Liefde!! Hoop!! Geloof!

·        
Genade!

·        
Shawchuck & Heuser:

1.      Childlikeness

 

2.      Povety of Spirit

 

3.      Desire to serve

 

4.      Self-examination

 

(d) kennis
& vaardigheid


wat vir ‘n geestelike werker kan help om hoop/
hoopvol
te kommunikeer;

Baxter 
(1678) –          1. ken die stand
van elkeen se geestelike gesondheid

                                    2.
maak vir mense bekend waarin ware geluk te vind is

                                    3.
maak hulle vertroud met maniere om dit te bereik

Kennis maak opgeblase (1 Kor)

(1)   Evangelie – van genade en verlossing

(2)   Gesprek : Narratief …

l  luister

l  van ‘dun’ beskrywings van verhale na ‘dik’ beskrywing

                        (a)
vasgeloopde verhaal

                        (b)
ligpunte

l  Landskappe van aksie en van identiteit

l  narratiewe insigte – “nie weet nie”

(3)   Mensekennis  

l  ‘Vlug van liefde’-verskynsel 
dinamika van sonde ipv lys van sondes

 

(4)   Selfkennis –

            “Ontdek
jou gawes”!?

(e)
versorging en selfsorg

Sorg van die geestelike werker

Sorg van die geestelike werker

l  leraar

  identifisering, mentorskap

  opleiding

  program van geestelike dissiplines? Self, saam met ander werkers

l  kerkraad

  identifisering en begrip

  retrait vir hulleself en vir ander werkers

  reguleer uitbranding

l  self

  wins en beperkinge van stiltetyd

  geestelike dissiplines

Samevatting

           
hoop leef in die feit dat God mense roep!

 

 

‘n Eerlike en hoopvolle perspektief deur lidmate van die kerk op die platteland

Written by webmeester on . Posted in Konferensies

Wat is “kerk” vir my? 

Sign inside the gate of a church.
“This is a CH _  _ CH, 
what IS MISSING?   
U–R.”
 
Mientjie Mouton se PowerPoint aanbieding by die Cedarberg konferensie van 19 Junie oor haar definisie van “kerk” en wat ons rol in die kerk van vandag en die toekoms in veranderde samelewings kan wees.  Laai dit hier af (2.6 MB groot!)