{ARGIEF}

Vrouebediening

Woestynrosie vs Vroue

deur: Heidi Botes Uit Bergsig se vroueaand het hierdie pragtige woestyn-rosie-storie ons aangegryp en ons deel dit ook met julle: Baie dankie aan Heidi Botes vir die navorsing hiervan en vir Google vir al die hulp. Heidi vertel dat sy die aand gevra is om so ietsie...

read more

VERGADERINGS

(Hierdie riglyne vir gebruik vir komiteevergaderings)

Doel van Vergaderings

Die doel van ‘n vergadering is onder andere om besluite te neem, inligting te verkry en kontrole uit te oefen..

Beginsels van vergaderingsprosedure

  • Orde – Slegs een saak word op ‘n keer oorweeg                                                      
  • Gelykheid – Alle persone is gelyk mbt die wet of die reël.                                           
  • Regverdigheid – Hoflikheid teenoor almal, partydigheid jeens niemand                   
  • Minderheid – Die minderheid het die reg om aangehoor te word                        
  • Meerderheid – Die wil van die meerderheid word uitgevoer.
read more

Pligte van bestuurslede

Die voorsitter

1.    Word jaarliks deur die vrouebediening verkies

2.    Neem die leiding van die gemeentelike vrouebediening op haar

3.    Moet ‘n deeglike kennis hê van die werksaamhede van die gemeentelike vrouebediening

read more

Reglement

 (Reglement is in hersiening)

REGLEMENT VAN DIE KOMMISSIE VIR VROUELIDMATE VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA (WES- EN SUID-KAAPLAND)

1. NAAM

Vrouebediening (Wes- en Suid-Kaap)

2. LEUSE

Elke vrou aktief vir Christus

3. GRONDSLAG

Die Woord van God soos verwoord deur die belydenisskrifte van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.

4. VERHOUDING TOT KERKVERGADERINGE

Die Kommissie vir Vrouelidmate word georganiseer kragtens artikel 55 van die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.  Artikel 55 sê ondermeer dat dienswerk van gelowiges ter wille van groter krag en doeltreffender funksionering kerklik georganiseer behoort te word.

5. VISIE

5.1 Die SKV wil vroue se potensiaal ontsluit om hul roeping en gawes tot eer van God uit te leef.

read more

En wat sê ‘n naam?

Binne die sinodale struktuur word die benaming Vrouebediening of Kommissie vir Vrouelidmate gebruik om ruimte te laat vir die verskillende modelle/werkswyses wat daar bestaan.  Die benaming Vrouediens wat nog dikwels gebruik word, is ‘n ou term wat ‘n sterk fokus plaas op diensgerigtheid.  Gemeentes word aangemoedig om liewer terme te gebruik soos vrouebediening, vrouelidmate, vrouefokus, ens.  Gemeentes kan ook ‘n unieke naam vir hulle bediening kies.  Daar is bv. Glimlagvroue, Vonkelvroue, Jubelvroue, Vroue wat ville (Lutzville), ens.

Is ‘n sinodale struktuur en kantoor nog nodig?

read more

Hoe begin jy ‘n Vrouebediening?

Stel ‘n gebedsgroep saam uit vroue wat ‘n passie het vir ‘n vrouebediening.  Bid vir leiers wat hulleself bereid verklaar om leiding te neem. Sodra daar leiers is, tree in gesprek met die kerkraad/leierskap van die gemeente en verkry hulle toestemming om die saak...

read more