Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing

Written by Bridget Leibbrandt on . Posted in Uncategorized, VBO

Die Sertifikaatkursus is ʼn intensiewe bedieningsvernuwingskursus wat leraars wil help om op ʼn dieper en grondiger vlak weer oriënteer te word t.o.v. hulle bediening.

  • Die kursus in ʼn formaat van nege modules (van 3 dae elk) oor die loop van drie jaar aangebied.
  • Dit word inklusief aangebied, m.a.w. teologie, vaardighede, houdings, roepingsbewustheid en spiritualiteit word aangespreek. Die kursus gee nuwe insigte, maar is ook baie prakties en help mense om innoverend te werk.
  • Hierdie 9 kursusse word tans saam met ons Ekumeniese vennote aangebied, en aanbieding is dus in die meeste gevalle in

LW Ons pas die voertaal aan na gelang van die samestelling van die groep; kursusgangers is altyd welkom om in die taal van hul voorkeur te kommunikeer.

Mod 1 Om die tye en geleenthede te verstaan / About our context – a deeper understanding of the world and times we live in  

3 – 5 Maart

 

E Volanie& Coenie Burger

Mod 2 Gemeentelike Ekklesiologie / About Congregations – part of the problem or part of the answer?  

12 – 14 Mei

Guillaume Smit

&

Francois Herselman

Mod 3 DIE TRINITEIT- Die Wonderlike, Vreemde God in Wie Christene Glo / About God – the Triune God of the Bible, Missio Dei and the plot of the Gospel  

21 -23 Jul

Pieter vd Walt

& Andre Agenbag & Coenie Burger

 

 

 

 

Registration form_Cert Module 1-3_2020

MTH in Kliniese Pastoraat

Written by bestera on . Posted in Uncategorized

US Fakulteit Teologie
2.1 MTh – Praktiese Teologie: Kliniese Pastoraat
Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied ‘n twee-jaar modulêre MTh in kliniese pastoraat aan.
Die doel van die program is om studente te begelei om kontekstuele pastorale kennis en kliniese vaardighede te ontwikkel deur middel van die integrering van die teorie en die praktyk, asook kliniese supervisie in die pastorale praktyk. Lees hier meer en reageer voor 30 September 2018.

Sleutel tot ’n gelukkige aftrede

Written by Admin on . Posted in Uncategorized

Almal van ons kom op ‘n stadium in jou lewe wanneer jy moet dink aan aftrede, maar ‘n groot aantal mense begin beplan nie vroegtydig daarvoor nie.

Johannes Jordaan is ‘n voormalige finansiёle- en lewenstyl-adviseur, en tans ‘n skrywer wat ‘n boek geskryf het getiteld “Prima Tyd: Geniet jou lewe na 50”.

In sy eie woorde: Dit verskaf praktiese riglyne oor hoe om jou leefstyl in te rig om ‘n gelukkige en vervulde lewe te geniet en jou uiteindelike aftrede vir jou Prima Tyd sal wees (en nie ‘n “wagkamer vir die dood”), soos sommige mense dit ervaar nie.

In hierdie boek skryf hy oor verskeie dinge waaraan aandag gegee moet word voor jou aftrede sowel as in jou aftree-jare, en hoe om te sorg dat jy ‘n kwaliteit-lewe in hierdie lewensfase kan hê. Hy skryf dat die doel van hierdie publikasie hoofsaaklik is om lesers tussen die jare 50 en 60, maar ook jonger mense, te help om voluit te leef in hul Prima Tyd-jare. Juis daarom beveel hy ook aan dat jy hierdie boek eintlik reeds vóór jou Prima jare moet lees, sodat jy vroeg reeds kan begin beplan en dit voorbereid kan binnegaan.

Prima Tyd is ‘n nuttige handleiding met waardevolle inligting en wenke oor finansiële- en nie-finansiёle aspekte, wat jou op reis neem deur 10 hoofstukke (INHOUDSOPGAWE) en jou help kyk na ALLES wat mens moet weet om ‘n gelukkige en vervulde lewe tot in jou oudag te geniet. Van jou belangrikste basiese behoeftes vir ’n gelukkige lewe, die beplanning  van jou begroting, tot die benutting van jou tyd tydens jou aftreejare word besin. Dit begelei jou ook om te kyk na sake soos jou gesondheid, jou geestesgesondheid, jou veiligheid en sekuriteit – selfs ook na hoe om ’n geskikte woonplek te kies – en ten slotte na die beplanning van jou boedel en testament.

Hy doen dit met humor en illustrasies – werklik ‘n boek wat oud én jonk kan geniet en benut.

Om Dr Pieter van Niekerk, teoloog, skrywer en vryskutresensent, se resensie van Prima Tyd in die Kerkbode te lees – kliek hier: KERKBODE RESENSIE Prima Tyd boek 27-5-2015

Hiermee ‘n afslag-aanbod op ‘n besonder nuttige, gebruikers-vriendelike en maklik leesbare boek (ongeveer 150 pp) oor ‘n onderwerp wat vir een en almal op ‘n besondere wyse kan help.Onderstaande 30% AFSLAG-AANBOD is geldig tot einde Oktober 2016:

Prima Tyd Johannes behartig self die verspreiding as skrywer.
Die afslag-prys is R100 per eksemplaar (i.p.v. die kleinhandelprys van R150 per eksemplaar).
Bestel 5 of meer boeke teen R90 per eksemplaar of
10 of meer teen R80 elk (bv vir gemeentelede wat saam bestel en/of geskenke vir familie of vriende).
Prime Time

Die boek is ook in Engels beskikbaar as PRIME TIME – Enjoy you life after 50. Skryf gerus aan Johannes vir meer inligting, of kliek hier om ‘n bestelvorm af te laai: BESTELVORM

BELYDENISAFLEGGING: WAT DIE KERK KAN DOEN OM DIÉ GEBRUIK IN ’N POST-CHRISTENDOM ERA BETEKENISVOL IN TE RIG

Written by webmeester on . Posted in Uncategorized

COMMUNITAS-EBOOK-GIELIE-LOUBSER-small200’n Literêre studie van Gielie Loubser wat die normatiewe motivering van die geloofsritueel ondersoek en vanuit ‘n missionale teologie beoordeel. Dit is die Navorsingsverslag wat hyt voorgelê het ter voltooiing van die vereistes vir die graad Magister in Teologie by die Universiteit Stellenbosch. Studieleier: Dr C.W. Burger. Datum: Desember 2014.

Skaf dit hier aan: gratis

Opsomming

Inter-generatiewe Gemeentes

Written by Admin on . Posted in Kursusse, Uncategorized, VBO

 EENDAG-KONFERENSIE oor INTER-GENERATIEWE GEMEENTES:  

Perspectives

on being an

Intergenerational Church

 intergenerative

Hoofspreker: Marcia Bunge, Professor of Religion, Gustavus Adolphus College, Minnesota, USA.

  • Gedurende die laaste 13 jaar het Prof Bunge baie gepraat en gepubliseer oor religieuse perspektiewe op kinders en ons verpligtinge teenoor hulle.
  • Sy was redakteur van vier boeke oor die onderwerp, waaronder The Child in Christian Thought en The Child in the Bible.

Verskeie sprekers tree by hierdie geleentheid op, en praat oor ‘n aantal aktuele onderwerpe. Daar is ook ruim geleentheid vir bespreking.

Dirk Coetsee van die Petra Instituut praat eers oor Inclusion or exclusion of children in the church and how we think about children  en hierna tree die hoofspreker, Prof Marcia Bunge op wanneer sy praat oor Biblical Perspectives on Children and Childhood:  Resources for Youth and Family Ministries and the Intergenerational Church

Die onderwerp The quest for a new theological paradigm for children’s ministry in the intergenerational church word hierna deur Jan Grobbelaar van die Petra Instituut hanteer, waarna Shantelle Weber (US) gesels oor The role and importance of children in an intergenerational church

Die laaste onderwerp van die oggend, Celebrating a shared identity in being an intergenerational church: A narrative of Paarlberg congregation word aangebied deur Bernard Malherbe (NGK Paarlberg) en Hannelie Yates (NWU).

Na ‘n middagete waarby al die kursusgangers kan aansit, gesels  Dirk Coetsee en persone van verskillende gemeentes oor Workshop and Story sharing: Practices for an intergenerational church.

Die dag sluit af teen ongeveer 16:30.

Datum: 7 Augustus

Tyd: 08:30 – 16:30

Plek: VGK Cloetesville Hoek van Langstaat en  Williamstraat, Cloetesville, Stellenbosch

Koste: R100 (Middagete ingesluit)

 Vir meer inligting, kontak Jan Grobbelaar by jan@petracol.org.za

LW Sluitingsdatum: 1 Augustus 2014