Die Gees bou brue- kom wat wil!

Written by Besoeker on . Posted in Gestuurdheid

Hoe kry ons brue gebou na die gemeenskap om ons, hoor ek baie gemeenteleiers vra die afgelope tyd?  Baie gemeenteleiers weet dat ons gemeentes amperse ghetto gemeenskappe geword het , waar nog net die ingewydes tuis voel- met groot dele van ons gemeenskap- oud en jonk het ons ons vermoe verloor om gemeenskap te bou.

Die Christendom erfenis wat ons het maak die kerk en gemeente selfgerig- ons vind ons bestaan in onsself- dit sit baie dieper in ons DNA as wat meeste van ons wil toegee. My ervaring is byna dat hoe meer geleerd die predikant en die gemeenteleiers hoe dieper is hulle geskool in die soort denke.

Aan die ander kant glo ek dat die  Gees gemeenskap bou oor grense, glo ek dat die Gees die hele tyd besig om gemeeskap te stig oor grense heen.

Dit is nie altyd so maklik om hierdie twee realiteite by mekaar te bring nie.  In Namibie het ek hierdie onverwagse verhaal raakgeloop. ‘n Leraar van ‘n gemeente wat in ‘n eerlike worsteling is om los te kom van tradisionalisme, maar wat nie aldag slaag daarin nie- twee tree vorentoe en dan weer drie terug soos met baie van ons- raak betrokke by ‘n gemeenskapsentrum.  Hulle vra hom om betrokke te raak by dagsorgsentrums, en spesifiek by die opbou en instandhouding van die sentrums se infrastruktuur. Ek het self van hulle besoek- in baie gevalle niks meer as ‘n kaal stuk grind met ‘nplat sinkplaat dak en een of ander soort mure nie.

Aangesien hy ‘n praktiese mense is, is hy van baie waarde ir die skole en word gou ‘n vertroueling vir van die leiers en personeel.  Hy maak toilette reg, ry bou materiaal aan en so leer hy ook die kinders ken, word lief vir hulle, spandeer tyd saam met die presoneel en die kinders, dit word ‘n passie- ‘n nuutgevonde passie vir ‘n leraar aan die verkeerde kant van 50.

Hier raak die detail van die verhaal ‘n bietjie verlore- maar om ‘n lang storie kort te maak, is hy onlangs gevra om president te word van een van die gemeenskap se sokker klubs! ‘n Middeljare wit predikant van die NG kerk, president van ‘n sokerklub in Katatura- Windhoek se swart woonbuurt.

Daar is verskillende manier om na hierdie verhaal te kyk- een daarvan sou wees dat ‘n mens wonder wat die werklike motivering van die klub is- sien hulle nie maar net dat hulle deur hom vinnige toegang tot hulpbronne kan kry wat hulle voorheen nie beskore was nie?

of… se nou maar dit is die manier waarop die Gees God se nuwe wereld bou, deur ‘n middeljarige wit man te gebruik om ‘n brug te raak tussen twee gemeenskappe wat mekaar eintlik nog nie ken nie.

Ek kies vir die hermeunetiek van die Gees, al kan die eerste en baie ander opsies ook waar wees.Want sien ek is besig om te leer dat die Gees nie gebind kan word nie, nie deur die geskiedenis van Apartheid, Vryheidsoorloe, Kolonialisering of inge-etste vooroordele tussen etniese groepe nie- dit wil selfs vir my voorkom dat ‘n mens ientlik moet verwag dat die Gees teen die reels van die lewe, brue van vertroue tussen mense bou.

Die verhaal het my aan die dink gesit oor myself en die moontlikhede dat ek ook ‘n brug kan bou/ kan wees- die korrekte akademiese taal is- bou aan sosiale kapitaal. Oor die moontlikhede wat bestaan by elke gemeent wat ek besoek- hoe konserwatief of in hulle self gekeer ookal. Want sien dit is in en deur mense wat Gees werk en aanhou werk om skeidings af te breek.die bou van die brue, het meer met die Gees te make as met wie ons is en wat ons geskiedenis is.

Se nou maar net, van die predikant se gemeentelede raak geinspireerd deur wt hy doen, en begin saam met hom deel te word van die brug tussen die geskeide gemeenskappe, se nou mar hulle begin ook soos hy die mense raak te sien, lief te raak vir hulle. se nou maar hulle kinders begin saam sokker speel, se nou maar…

Ek het die kollega onlangs by ‘n kursus ontmoet en later weer vlugtig in Windhoek- daar is ‘n vonkel in sy oe, ‘n stille selfversekerdheid van iemand wat weet dat hy besig is om iets baie betekenisvol te doen.

Andre, vir wat dit werd mag wees, ek het sovel respek en waardering vir wat jy doen, mag jy geseend wees, en mag jou span wen!

Oppad terug Windhoek toe stop ons by ‘n dorp vir koffie, in die hoostraat is daar ‘n mooi kerk wat ek afneem- ek sien later eers toe ek na die foto kyk dat daar ge-elektrifiseerde heinings om die kerk gespan is! Gelukkig onthou ek dat ons op Otjiwarongo, ‘n leraaar ontmoet het van ‘n klein dorpie in die Noorde van Namibie wat ‘n passie het om ‘n multi-kulturele bediening te vestig in die gemeente. Dit is die prentjie waarme ek nou gaan slaap.

Trackback from your site.

Leave a comment