{ARGIEF}

COMMUNITAS-EBOOK-6x8-COENIE-EN-ANDRIESEen van die groot hartseerstories van die kerk gaan oor wat keer op keer weer met die sakramente gebeur het. Die Doop en die Nagmaal is deur die Here in sy genade aan ons gegee om ons geloof en ons eenheid te versterk – om ons nader aan Hom en nader aan mekaar te bring. Maar deur die eeue het dit dikwels weer gebeur dat stryery oor hierdie twee wonderlike gawes gelei het tot verdeeldheid en skeuring in die kerk. Die Bose het dit weer en weer in die geskiedenis van die kerk reggekry om juis die twee sakramente te gebruik om Christene te verdeel.
Eerste twee hoofstukke van beplande boek oor die DOOP
Coenie Burger en Andries Cilliers