{ARGIEF}

Ten spyte van die gewildheid van Kindle onder SA gebruikers, is ePub steeds die digitale formaat wat deur die wydste verskeidenheid van elesers gebruik word.  Daar is reeds 241 eboek toestelle (ereaders) en toepassings (applications) wat die ePub formaat gebruik.  Hier is ’n lys van die toepassings en elesers waarmee jy ePub kan lees.

Baie mense het reeds die Kindle applikasie of eboek leser, veral omdat die Kindle Fire HD en Kindle Paperwhite (om maar net twee te noem) tegnologies so gevorderd is en die Amazon Kindle winkel so ’n wye verskeidenheid van digitale inhoud beskikbaar stel.  Die probleem is egter dat jy nie maklik ’n Afrikaanse boek daar kan publiseer nie.

Die goeie nuus is dat jy wel ’n ePub digitale boek kan lees met jou Kindle. 

’n Mens kan wel nie ’n ePub eboek direk daarop laai nie, maar jy kan sonder veel moeite ’n ePub boek herformateer in die Amazon Kindle mobi formaat.  Die voordeel van só ’n proses, is dat jy die ePub eboeke dan op min of meer alle beskikbare digitale kanale kan lees – jou rekenaar, jou selfoon, jou tablet en so meer.