- ePub kan gelees word op selfone, tablette en rekenaars.
- Mobi kan gelees word op Kindle of op ‘n Kindle toep op selfone, tablette en rekenaars.
Om ‘n e-boek aan te skaf, klik jy op die relevante boek, klik op Buy Now (selfs al is dit gratis) en volg die instruksies. Indien die boek iets kos, word die prys in dollar waarde vertoon. Wanneer jy egter die aankoop doen, kan jy jou kredietkaart gebruik en die prys word in Randwaarde van jou rekening verhaal.
‘n Skakel word dan na jou Inbox gestuur om die boeke te kan aflaai. Onthou om daarna in te log by Communitas, wanneer jy jou boek wil aflaai, anders sal jy nie by jou rekening se e-boeke kan uitkom nie. Die skakels vir jou aankope en downloads verskyn in die widget aan die regterkant van die webtuiste, genaamd: E-boeke.
Hoe lees ‘n mens die e-boeke?
Jy hoef nie ‘n e-leser soos ‘n Kindle of ‘n tablet (Android of iOS) te hê om e-boeke te lees nie. E-boeke kan net so goed op ‘n PC óf ‘n Mac rekenaar gelees word.
ePub kan onder andere deur die volgende toepassings gelees word:
- Adobe Digital Editions op PC’s en Mac’s,
- Bluefire reader op Apple iOS en Android,
- Stanza op Apple iOS en Android,
- iBooks op Apple iOS, en
- ePub Reader op Blackberry.
- Met ‘n Converter op Kindle.
Kindle lesers
Gebruikers wat met ‘n Kindle leser ‘n ePub formaat wil lees, kan dit op verskeie maniere doen. Omdat daar nie DRM kopiereg ingebou is in die ePub formate wat ons beskikbaar stel nie, kan jy ‘n ePub dokument “convert” na enige ander formaat, onder andere die mobi formaat vir Kindle lesers. Hier is twee “converters” wat jy kan gebruik:
- Daar is ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”. Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
- Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n ePub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com. Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle. (Dankie Danie Mouton vir die inligting!)
Hier is ons lys van beskikbare ePub en mobi boeke:
- Ontvang wat vir jou gegee is
- OOM BEY PAPER FOR REFORMED AND JUSTICE PUBLICATION
- Push through the Pain
- Seisoene van die Siel
- Jesaja – Lees, luister, leef
- Johannes – Les, luister, leef
- Hooglied – Lees, luister, leef
- Spreuke – Lees, luister, leef
- Prediker – Lees, luister, leef
- Predikant Uitgebrand
- Daaglikse gebedsritmes vir die week
- Die krisis van VGK predikante
- The crisis of URCSA ministers