{ARGIEF}

Ons stel e-boeke in twee formate beskikbaar: ePub en mobi.

  • ePub kan gelees word op selfone, tablette en rekenaars.
  • Mobi kan gelees word op Kindle of op ‘n Kindle toep op selfone, tablette en rekenaars.

Om ‘n e-boek aan te skaf, klik jy op die relevante boek, klik op Buy Now (selfs al is dit gratis) en volg die instruksies.  Indien die boek iets kos, word die prys in dollar waarde vertoon.  Wanneer jy egter die aankoop doen, kan jy jou kredietkaart gebruik en die prys word in Randwaarde van jou rekening verhaal.
‘n Skakel word dan na jou Inbox gestuur om die boeke te kan aflaai. Onthou om daarna in te log by Communitas, wanneer jy jou boek wil aflaai, anders sal jy nie by jou rekening se e-boeke kan uitkom nie.  Die skakels vir jou aankope en downloads verskyn in die widget aan die regterkant van die webtuiste, genaamd: E-boeke.

Hoe lees ‘n mens die e-boeke?

Jy hoef nie ‘n e-leser soos ‘n Kindle of ‘n tablet (Android of iOS) te hê om e-boeke te lees nie.  E-boeke kan net so goed op ‘n PC óf ‘n Mac rekenaar gelees word.  

ePub kan onder andere deur die volgende toepassings gelees word:

Kindle lesers

Gebruikers wat met ‘n Kindle leser ‘n ePub formaat wil lees, kan dit op verskeie maniere doen. Omdat daar nie DRM kopiereg ingebou is in die ePub formate wat ons beskikbaar stel nie, kan jy ‘n ePub dokument “convert” na enige ander formaat, onder andere die mobi formaat vir Kindle lesers. Hier is twee “converters” wat jy kan gebruik:

  • Daar is ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”.  Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
  • Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n ePub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com. Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle.  (Dankie Danie Mouton vir die inligting!)

Hier is ons lys van beskikbare ePub en mobi boeke:

  1. Ontvang wat vir jou gegee is
  2. OOM BEY PAPER FOR REFORMED AND JUSTICE PUBLICATION
  3. Push through the Pain
  4. Seisoene van die Siel
  5. Jesaja – Lees, luister, leef
  6. Johannes – Les, luister, leef
  7. Hooglied – Lees, luister, leef
  8. Spreuke – Lees, luister, leef
  9. Prediker – Lees, luister, leef
  10. Predikant Uitgebrand
  11. Daaglikse gebedsritmes vir die week
  12. Die krisis van VGK predikante
  13. The crisis of URCSA ministers