{ARGIEF}

Coenie Burger

tree af na 40 jaar …

Coenie3

Op Vrydagmiddag 4 September 2015 het Communitas afskeid geneem van haar mentor en pa. Maar dit was ‘n vrolike geleentheid van viering, want in Coenie se woorde tydens ‘n vroeëre onderhoud: “as ‘n mens aftree beteken dit nie dat jy doodgaan nie – daar is nog ‘n klompie goed wat ek wil doen!”
Die funksie is gehou by The Stables at Vergelegen, ‘n pragtige venue, en dit was ‘n lieflike lentedag waarop ons tot laatmiddag gekuier het – rondom stories, gesprekke, lekker kos, nog stories, goeie wyn en heerlike koffie.
Coenie sê hy het vroeg in sy lewe agtergekom hy hou nie van alleen werk nie; hy het ander mense nodig rondom hom om saam met hom goed te doen. Hy dink dat as hy ooit iets goed kon doen, was dit veral om goeie spanne te kies of saam te stel. “As jy hoop om iets reg te kry, is dít wat jy nodig het,” glo hy. “Iets daarvan is waar: dat ek vir julle rondom my kon hê. Julle was vir my ongelooflik belangrik!”
Lees verder onder, en kyk na ons foto’s!


Wat betref die toekoms, voel Coenie dat die Teologie, en om na te vors en gesprekke te voer oor dinge soos hoop, belangrik is, maar … “julle het mekaar nodig. Ek wil julle selfs challenge: doen dit beter as wat ons dit gedoen het.” Volgens hom is ons tans by ‘n breeklyn: as ‘n mens die rassespanning in plekke soos selfs Amerika sien, en kyk na wat hier in ons land gebeur, dink hy ons word in die kerk op ‘n nuwe manier ge’challenge’: oor inklusiwiteit en diversiteit – om ‘n wêreld te skep waarin daar plek is nie net vir ons nie, maar vir alle mense. “Die kerk behoort dit te vat, en in die naam van Christus te kyk wat ons daaraan kan doen. Dit gaan nie maklik wees nie, maar ek dink dis ‘n kans vir die kerk. Dis ‘n geleentheid om te wys wat Christene in Christus se naam daaraan kan doen. Vat dit, en doen beter as wat ons vorige crowd gedoen het!”

20150904_123642 20150904_123647
20150904_123706 20150904_131327
20150904_131531 20150904_132034
20150904_133340 20150904_133404
20150904_123942 20150904_131132