{ARGIEF}

Op Maandag 11 Julie toe die meeste van Communitas se personeel weer terug op kantoor was na ‘n lekker winterbreek, het die dames besluit om pannekoek te bak in die boonste kombuis en almal  in die gebou te nooi om te kom saamkuier  met lekker koffie en pannekoek. (Eintlik het Adrienne en Mathilda al die werk gedoen!) Amanda was so gaaf om ‘n yslike kaaskoek te organiseer, en skielik was daar ‘n fees waar twee nuwelinge verwelkom is (Pieter van der Walt wat op 1 Augustus as PSD:Navorsing aansluit en Isabelle Murray wat op 1 Junie begin het as Argiefbeampte); twee verjaarsdae gevier is (Amanda van Niekerk, 26 Junie en Peter Adams, 30 Junie) en die personeel van Communitas se verskillende afdelings saam met dié van Ekklesia, die Seminarium en die Argief kon kuier en mekaar beter leer ken, en sommer net die nuwe kwartaal en die lewe vier!
Hier onder is ‘n paar foto’s om dit uit te beeld: (kliek op Continue Reading) – elke foto se byskrif verskyn bokant die foto.

Pannekoek met heerlike hoender-, maalvleis- en kaasvulsels Isabelle Murray (Argief) en José Layman (Jeugkantoor) gesels
20160711_131026 20160711_130927
Pieter van der Walt (PSD: Navorsing) en Adrienne Bester (Predikantebegeleiding) Sonja van Rooyen (Skoonmaker), Mathilda du Pisanie (Gemeentebegeleiding) en Eddie Orsmond (PSD: Seminarium)
20160711_130937 20160711_130958
Peter Adams (PSD: GKS) en Pierre Goosen (PSD:Predikantebegeleiding) Sharon Naudé (Ontvangs en GKS) luister aandagtig na Divine Robertson (Ekklesia) en Karin Minnaar (Argief)
20160711_131012 20160711_131039
Pieter, Adrienne en Peter na ‘n lekker ete; met haar rug na die kamera sit Anriëtte de Ridder (PSD vir Jeug, Familie en Kinders) Isabelle en Eddie gesels
20160711_131643_Richtone(HDR) 20160711_131415
Liesl Rabie (Argivaris) wag terwyl Isabelle en José gesels, met Divine en Karin voor Frederick Marais (PSD: Kerklike Opleiding) met Amanda van Niekerk (Kuratorium en Seminarium) en Sharon langsaan
20160711_131052 20160711_131047