{ARGIEF}

Peter Adams

Communitas: Kantoor vir Gemeente-Ontwikkeling en Kerklike Samewerking

My rol in die Kerk het ek al op vroeë ouderdom besef as iemand met sterk organiseringsvermoë en ‘n passie vir die werk van die Here. Om gemeentes te help en leiding te neem is vir my baie baie belangrik.

Ek is ‘n predikant van die VG Kerk wat my bediening begin het in Merweville vir ses maande en later word ek beroep na Bonteheuwel waar ek die laaste 10 jaar is.

Vir die afgelope 2 jaar is ek tentmaker in die gemeente. Ek is huidiglik verbonde aan die Kantoor vir Gemeente-Ontwikkeling en Kerklike Samewerking. Die kantoor was eers die Skiereilandse Raad vir Kerklike Samewerking en Gemeente-Ontwikkeling wat gewerk het binne die NGK. Huidiglik het ek ook om ‘n fasiliteringspan vir die VGK op die been te bring met die hulp van Frederick Marais. Die Kantoor vir Gemeente-Ontwikkeling en Kerklike Samewerking wil graag help i) Om die Koninkryk van God te help uitbou; ii) Die vestiging van nuwe geloofsgemeenskappe wat ons eenheid in Christus op konkrete wyse sal beliggaam deur die skep van Nuwe gemeenskappe; Skep van ruimtes vir aanbidding en die Herontwikkeling van ou kwynende gemeenskappe in nuwe geloofsgemeenskappe binne die visie van GKS.

Die afgelope 4 jaar is ek betrokke by die Algemene Sinode se Bediening vir Kommunikasie, Publikasie en Argief en ook by die uitleg van URCSA News. Ek is ook lid van die Regskommissie van die Kaapland Sinode van die VGK. Ek beskou myself as iemand wat wonderlike gawe ontvang het t.o.v rekenaars en wil dit altyd tot uitbreiding van God se Koninkryk gebruik.

Ek is getroud met Carol wat ek ontmoet het toe ek nog rugby gespeel het. Ons het twee wonderlike kinders, Carlo en Carla.  Ek is baie lief vir sport en kry soveel blootstelling om met oorsese rugbyspanne te reis.

Communitas: GKS
peter@kaapkerk.co.za
021-9577193
0829287688
www.gokerk.co.za / www.communitas.co.za