{ARGIEF}

Ons groet

José

van die

Jeugkantoor

Vandag het ons afskeid geneem van José Layman, die vriendelike stem van die Jeugkantoor by Communitas. José gaan eers ‘n sabbatstydperk neem waarin sy kan rus en meer aandag kan gee aan haarself, haar gesin wat haar so na aan die hart lê, en haar sang as deel van die Libertaskoor, haar ander groot passie in die lewe.
Anriëtte de Ridder het haar afskeidsboodskap aan José gekoppel aan José se naam, en spesifiek verwys na José se karakter as

  • Jesus-volgeling – wat sy met haar lewe en haar sang uitleef,
  • Opregtheid – in haar belangstelling in ander,
  • Standvastigheid – die rots in haar familie – en
  • Entoesiasme, die manier waarop sy almal verwelkom het en elke taak met ywer aangepak het.

José, geniet die ruskans, en sterkte met die nuwe pad wat jy vroeg in die nuwe jaar in ‘n nuwe loopbaan gaan aanpak.
Ons gaan jou mis!

Vlnr: Adrienne Bester, Amanda van Niekerk, Divine Robertson, Julia Daniels, José, Susan Marais, Sonia van Rooyen José en Anriëtte de Ridder, PSD Jeug- en Familiebediening