{ARGIEF}

be not anxiousBe Not Anxious: Pastoral Care of Disquieted Souls
Allan Hugh Cole Jr.
224 pages; dimensions (in inches): 6 x 9; 2008

ISBN: 978-0-8028-6310-2
$20.00 sagteband

Kort resensie: Coenie Burger
Hierdie is een van die heel beste en interessantste boeke wat ek nog gelees het oor die moeilike onderwerp van angs en depressie. Die krag van die boek lê waarskynlik daarin dat Cole nie net sielkundig met hierdie onderwerpe omgaan nie, maar ook baie moeite doen om te kyk wat die groot teoloë deur die eeue daaroor te sê gehad het.  Die verdere wins is dat Cole dit regkry om baie verstaanbaar (en pastoraal) te skryf oor hierdie moeilike sake.
`n Mens sou die inhoud van die boek in vier dele kon opdeel.

  • Hy begin met `n beskrywing van wat hy noem “die baie gesigte van angs”.
  • Daarna – vir my was dit die interessantste deel – bespreek hy tien teoloë se gedagtes en sienings oor angs – oa Luther, Calvyn, Kierkegaard, Bonhoeffer, Barth, Niebuhr, Tillich en Moltmann. Die boek is die moeite werd om te koop net vir hierdie hoofstuk!
  • In die derde deel behandel hy drie sielkundige sienings van angs (Freud, Stack Sullivan en Aaron Beck).
  • In die laaste paar hoofstukke probeer hy praktiese raad gee aan leraars wat mense met angs probeer bystaan en help.

Ek kan die boek baie, baie sterk aanbeveel. Cole is `n jonger stem na wie `n mens kan luister.

Kommentaar deur Pierre Goosen

In terme van die praktiese raad in die laaste drie hoofstukke is daar onder andere drie aspekte waaraan hy aandag gee en wat die dominee van hulp kan wees om iemand wat met angstigheid (in ‘n toestand van disoriëntasie) verkeer te help.

Hy wys op die mens se behoefte om te behoort en bespreek die rol van die Kerk en gemeentes in die verband.
Hy bespreek die sewe kategorieë wat Pruyser, Minister as Diagnostician,  bekendgestel het as “guidelines for pastoral diagnosis”  en gee dit ‘n vars toepassing as instrument vir die dominee.

Hy bespreek die beginsels van kognitiewe terapie vir gebruik in die pastoraat en wys hoe dit toegepas kan word aan die persoon met angs(-tigheid).

In ‘n laaste hoofstuk wys hy op die belang van geloofsgewoontes waarin ‘n stuk vastigheid lê vir die persoon in disharmonie.
 
‘n Baie stimulerende boek met baie toepassings moontlikhede.


Description (Eerdmans)
As Allan Cole knows firsthand, both personally and pastorally, Christians are not immune from anxiety, and many believers go to their church leaders for support and solace. This helpful book draws on narrative approaches to theology and counseling to suggest how pastoral caregivers may effectively minister to anxious persons.
Be Not Anxious provides pastors and other caregivers with a basic understanding of anxiety, including how to identify those suffering from it and how to get at what is making them anxious. Cole focuses both on cognitive-based methods and on common faith practices — church membership, frequent worship, prayer, Bible reading, service, and confession — showing how these may provide relief from anxiety. By addressing the roles of both psychiatry and ministry as co-liberators from anxiety, he leads the pastor and the faith community in helping disquieted souls to find rest.