{ARGIEF}

Titel : Hoe ontwikkel ek die leier in my kind?  Skrywer : Braam Hanekom

Uitgewer : Lux-verbi

Unieke Verkooppunte: Braam Hanekom se kundige op die gebied van leierskap in die algemeen. Hy lewer praatjies en skryf boeke oor die onderwerp. Hy het ook al oor kinderleiding.geskryf en is al genooi om as spreker en fasiliteerder op te tree by die week lange prestige-Jeugleierskonferensies wat deur die Kaapse dagblad Die Burger aangebied word. Wie dan beter om oor die ontwikkeling van leierskap in kinders te skryf?

Teikenmark: Ouers, voogde en opvoeders; almal wat met kinders te doen het

Opsomming van inhoud: Suksesvolle kinderopvoeding is ’n wye en moeilike taak, en gewoonlik gee boeke te veel besonderhede of is dit te vaag om werklik bruikbaar te wees. Hierdie boek oor die ontwikkeling van leierskap in kinders is egter op die man af, en konsentreer op net ses basiese beginsels wat jou beslis sal help om ’n ruimte vir kinders te skep waarbinne jong leiers vir alle terreine gevorm kan word; mense wat ’n groot verskil kan maak aan die toekoms van ons land; mense wat vanuit ’n sterk waardestelsel met karakter en integriteit kan lei. Kan leierskap aangeleer word?

Onderwerpe :

’n Basiese leierskapsteorie vra aan ’n mens basiese vrae 

Karakter en integriteit

Help kinders om verder te (bly) groei

Maak van jou kind ’n spanspeler

Leer kinders om ander te bemoedig

Leer kinders om wysheid na te jaag

Leer kinders die kuns om met balans te lewe

Die ontwikkeling van minderbevoorregte kinders

Meer oor die skrywer: Braam het in 1978 aan die Paul Roos-Gimnasium op Stellenbosch gematrikuleer en daarna sy teologiese studies aan die US voortgesit, waar hy in 1986 die graad MTh (cum laude) en in 1995 sy doktorsgraad behaal. Hy was 7 jaar lank studenteleraar by die Studentekerk op Stellenbosch, en is tans verbonde aan die NG gemeente Stellenberg naby Kaapstad. Hy is ook moderator van die Suid- en Weskaapse Sinode van die NG Kerk. Dr Hanekom Hy tree dwarsoor die land en in Namibië op as spreker en aanbieder van kursusse oor (morele) leierskap, veral onder opvoeders en sakelui.