{ARGIEF}

Tema:  Die Onse Vader-gebed in Matteus 6:5-15

Die Onse Vader verwoord die daaglikse stryd van elke gelowige tussen die koninkryk van God en dié van die Satan.  Die gruwels van die lewe waaraan ons elke dag blootgestel word, is die konteks waarbinne die Onse Vader gebid word.
Tog is dit nie die nood wat ons leer bid soos die spreekwoord sê nie, maar die goeie nuus van die koninkryk van God, die evangelie, die genade van God in Christus.  Dit is wat ons laat bid.  Ons bid nie uit nood nie, maar uit dankbaarheid.  Ons bid omdat die koninkryk van God gekom het en dit ons hoop gee vir ons lewe en vir die wêreld.  En, ons bid in gehoorsaamheid.  Gebed is ‘n opdrag van die Vader.

Tydsduur :  Dit kan as ‘n naweek-retraite aangebied word, of as ‘n drie-dag retraite.
Formaat:  Maak gebruik van stiltye, luistergroepe (kleingroep) en grootgroepbesprekings.
Materiaal:  Beskikbaar by Communitas
Aanbieder:  Reël by Communitas
Kontakbesonderhede: Joanie Batt; 021-808 3382; jcab@sun.ac.za