{ARGIEF}

Nadat Ben TUG se visie in Potchefstroom en omgewing gedeel het, het ‘n NG kerk die voortou geneem en bied elke TUG inisiatief (en nog meer) aan waaraan jy kan dink.

Dit doen hulle saam met ander NG kerke, His People, Metodiste, Gereformeerde en Hervormde Kerke. ‘n Span van OM gaan ook inval en help in Ukageng en Promosa. Hulle gaan vir 30 dae besig wees met uitreike en aksies. Dit sluit onder andere in:

  • Kidsgames in die middae,
  • Christelike filmvertonings in die aand,
  • TUG viewing en
  • die wys van die Jesus Film.

Een van die kerk het ‘n plakkaat gemaak vir Spanje wat in die dorp gaan opgesit word met Jesus loves Spain daarop. Kinders vd gemeente gaan ook boodskappies in ‘n bottel aan die ondersteuner uitdeel. Hierdie is weereens ‘n spanpoging waar die kerk van Christus hande vat en in liefde uitreik