{ARGIEF}

Dit is ongelooflik, wonderlik, fantasties, fabelagtig, groots, great, amazing om die Wêreldbeker toernooi in ons eie land te kan hê. In die moderne era is dit ’n eenkeer in ’n leeftyd ervaring. Die oomblik in 2004 toe ek hoor die toernooi is vir ons in Suid-Afrika gegee, het ek in Philippolis se pastorie voor die TV gesit en die trane het oor my wange geloop

Ek sit met my Bafana-hemp (my Manchester United hemp is vir eers in die kas gebêre) en kyk of Spanje hierdie Wêreldbeker kan wen. Duidelik nie sommer moontlik nie! Ek wag vir vanaand se “grote”, Suid-Afrika teen Uruguay. Ons landsvlag hang teen die muur en my vuvuzela is gereed vir die volgende Suid-Afrika doel. Ons familie het reeds die eerste van ons vyf wedstryde gaan kyk.

Die eerste Wêreldbeker toernooi wat ek op TV gevolg het, was in 1974 toe ek vir ’n jaar in Oostenryk by my ouma-hulle gewoon het. Duitsland het Nederland 2-1, in Duitsland gewen!fana-hemp (my Manchester United hemp is vir eers in die kas gebêre) en kyk of Spanje hierdie Wêreldbeker kan wen. Duidelik nie sommer moontlik nie!

Hiermee wil ek dadelik my bona fides op die tafel plaas. Ek is ’n sokkerondersteuner!

Dit is ongelooflik, wonderlik, fantasties, fabelagtig, groots, great, amazing om die Wêreldbeker toernooi in ons eie land te kan hê. In die moderne era is dit ’n eenkeer in ’n leeftyd ervaring. Die oomblik in 2004 toe ek hoor die toernooi is vir ons in Suid-Afrika gegee, het ek in Philippolis se pastorie voor die TV gesit en die trane het oor my wange geloop. Maar in daardie tyd was die meerderheid Afrikaanssprekendes negatief. Die reaksies wat ek gekry het: ons gaan dit nooit kan doen nie. Die stadions gaan nie klaar wees nie. Die Bafana span is ’n grap. Min was positief en opgewonde oor hierdie geleentheid. Hierdie afkondiging het ook oor die algemeen by die meeste Afrikaanssprekende kerke verbygegaan.

Vyf jaar later toe die trekkings vir die groepindeling gemaak is, het daar nog altyd ’n negatiwiteit oor baie hier gehang. Dit gaan nie werk nie. Die stadions gaan nie reg wees nie. Die paaie gaan nooit klaar wees nie. Dit gaan ’n mislukking wees. Toe begin die legkaart stukkies inmekaar val. Die prentjie word al duideliker. Die Wêreldbeker is ’n werklikheid, dit begin regtig oor ’n paar weke. Die stadions is klaar. Die paaie reg. Die spanne begin opdaag. Die Suid-Afrika vlaggies begin op al meer motors en in al meer besighede wapper.

Hoe nader die openingsdag kom, hoe meer positief en opgewonde raak almal, ja ook die Afrikaanssprekendes. Ek kry die een sms en Facebook-opmerking na die ander: die gees het my ook nou getref, die gogga het my ook nou begin byt, die vibe is great. Daar het ’n positiwiteit oor die land begin spoel, wat absoluut wonderlik is. En toe breek die groot dag aan. Almal is hier en alles is reg, die vuvuzelas blaas, die volkslied gesing en die bal word afgeskop. WOW!!! Ons het dit gedoen! Dit is regtig hier!

Kerke het intussen ook groot ingekoop om hierdie geleentheid te gebruik. Oral is daar die afgelope paar weke inligting oor die een na die ander sokkerland aan gemeentes voorgehou. Daar is vir hulle voorbidding gedoen. Daar is vlae opgehang. Daar is sports- en sporttoernooie gereël. My seuns het juis vandag binnehuisesokker, gereël deur ’n gemeente hier aan Wesrand, gespeel. Daagliks word daar vir die week by ’n laerskool hier om die draai ’n geleentheid, gereël deur verskillende denominasies, vir die gemeenskap se kinders aangebied. Aangesien die skool ’n binne ’n armergemeenskap plaasvind kry so 300 kinders daagliks ook iets vir middagete.

Wat is die langtermyn gevolge vir ons? Ek wil nie oor die infrastruktuur of toerisme of ekonomiese sy praat nie, maar juis oor wat dit aan die psige van ons Suid-Afrikaners gaan maak.

Ons het nou vir die eerste keer die wêreld IN Suid-Afrika ervaar. (Nee, in 1995 was die wêreld nie hier nie. 95% van die lande wat hier was, was deel van die ou Britse ryk. En net voor iemand dink ek is teen rugby – ek was bevoorreg om die openingswedstryd by te woon! En ons familie het vir jare seisoenkaartjies op Nuweland hoofpaviljoen gehad.) Oral is daar nou feesvierende wêreldburgers wat ons drumpel deurtrap. Ons ontmoet mense van oral en besef ONS is regtig deel van hierdie wêreld. Ek glo dat ons in die toekoms nie meer sal dink en voel ons is hier aan die suidpunt van die wêreld, vergete deur almal nie. In die erediens preek ons gereeld oor wêreldsending, bring die Goeie Nuus na die hele wêreld en nou sal dit makliker wees om lidmate daarvoor te motiveer.

Die deurbraak wat met die Blou Bulle se twee wedstryde in Orlando gemaak is, word deur hierdie wêreldbeker voortgesit. Vir die eerste keer kom groot aantal Afrikaanssprekendes op ’n kuierbesoek aan plekke soos Soweto. Mense kom agter maar dit is eintlik ’n positiewe ervaring. Ek glo die vrees vir hierdie plekke gaan al minder word en gaan dit moontlik word dat ons as kerke makliker ons lidmate gaan kan help om gemeentes in die ander gemeenskappe te gaan besoek en bande daar op te bou.

Ons gaan in hierdie tyd op die paviljoene, tussen mede-Suid-Afrikaners sit en agter kom daar is ’n welwillendheid tussen mense van alle kulture en tale van Suid-Afrika vir mekaar. Ons gaan saam as toeskouers langs die veld sit. Ons gaan iets van ’n bymekaarwees beleef wat ons nooit ooit andersins sou ervaar het nie. Dit gaan ons in die toekoms help om makliker met mekaar te kan gesels. Ons gaan oor die grootste wêreldgebeurtenis op ons stoep met mekaar kan praat. Ons gaan dit nog vir jare kan doen. Ons gaan met mense kan deel waar ons met die openingswedstryd was. Ons gaan kan gesels oor ons gevoel toe Suid-Afrika amper vir Mexiko gewen het. Ons gaan vir jare mense uit ander kulture kan ontmoet en iets hê om oor te gesels.

As ’n slotopmerking: Dalk net help hierdie wêreldbeker ook die Afrikaanssprekendes om te aanvaar dat Afrikane wel groot dinge kan vermag. Dalk, net dalk, kan ons saam in die land woon en gelukkig wees en saamwees, maak nie saak wie regeer nie!