{ARGIEF}

Le Pommier en Pniel-kuiers

2016 se Jaarafsluiting was ‘n anderster-lekkerte – eers het ons aangedoen by Le Pommier, ‘n wynlandgoed ongeveer 4.5 km buite Stellenbosch op die Helshoogtepad.

Le Pommier beteken ‘Die Appelboom’ in Frans, en was eers ‘n appelboord, wat deel was van die 300-jaar-oue Zorgvliet-plaas.
Ons het hier 4 wyne geproe rondom ‘n heerlike kaasbord: die Olivia Semillon-Sauvignon Blanc- versnit (glo vernoem na die eienaar, mac van der Merwe, se ma); die Le Pommier Rosé, ‘n heelike rooi versnit; die Le Pommier red Blend; en dan ‘n wonderlike malbec, Jonathan’s Malbec, wat vernoem is na ‘n bul met baie goeie smaak… Die bul het blykbaar in 2012 uitgebreek en ‘n groot deel van die oes opgeëet!

     
     

Die tweede deel van ons ekskursie was na Pniël se museum…

… waar ons ‘n kykie kon kry in die geskiedenis van die kerk, die dorpie en sy mense. Hier het ons gehoor hoe die sendingstasie wat opgerig is vir die vrygestelde slawe gegroei het tot die pragtige dorpie wat ons vandag sien. Die naam Pniël kom uit Genesis 32:30 en verwys na die plek waar Jakob met God geworstel het. Dit beteken letterlik “die gesig van God”.

     
   

Die laaste deel van ons kuier was rondom ‘n tafel in die museum se tuin …

… wat gekreun het onder regte egte Suid-Afrikaanse kersfeeskos: ‘n voorgereg van broodjies, gebakte vis en slaai, dan die hoofgereg: gebraaide hoender, ham, geelrys, soetpampoen, ‘n verskeidenheid groentes en slaai, as nagereg trifle (nie koekstruif nie!) en die kersie op die koek: eclairs en koffie! Ons opregte dank en waardering aan die dames van die teekamer-kiosk vir hierdie bederf.
Dankie ook aan Mathilda-hulle wat die reëlings getref het!
[widgetkit id=191124]