{ARGIEF}

Overberg-Pilgrimage-OF-HOPE-e-Book-1-400

Pelgrimstog word uitgebrei

Al hoe meer mense het die behoefte om ‘n pelgrimsroete te stap – ‘n geestelike dissipline wat reeds eeue beoefen word. So ‘n staptog help jou om ‘n geestelike dimensie op die staptog te herwin – enersyds deur die eensaamheid op die pad, maar andersyds ook deur die gemeenskap van jou medepelgrims en gashere langs die pad.
Omdat almal nie die finansiële vermoë het om die bekende Camino de Santiago of ander bekende Christelike roetes in die buiteland te gaan stap nie, is die Overberg Pelgrimstog van Hoop ontwikkel om verby kerke en ander plekke van geestelike en kulturele belang te loop. En so word die pelgrim geïnspireer deur die verhale van die gemeenskappe waardeur hy stap.
Hierdie week, op Maandag 20 Junie, het Frederick Marais en Adrienne Bester, die baanbrekers van die Eerste been asook die samestellers van die gids van die Overberg Pelgrimstog van Hoop, met nog ‘n been van die pelgrimstog begin deur prakties te “ontdek” hoe om dit vir pelgrims moontlik te maak om van Stellenbosch na Genadendal te stap. Peet, Adrienne se man, asook Neels Jackson stap saam, en Louise, Neels se vrou, is die ondersteuningspersoon wat met hulle per motor vergesel.

Hier onder is ‘n fotobeeld van die stap, met kommentaar soos die stappers dit op Facebook en Twitter post – ons sal dit daagliks aanvul tot die staptog voltooi is.

Fase twee vd Pelgrimstog van Hoop het vanoggend op Stellenbosch begin en in koue nat weer het ons gestap oor Helshoogte tot by Pniel. Ons het warm ontvangste gehad by die VGK Rynse Kerk en Moederkerk op Stellenbosch en vanaand by die Congregational Kerk van Pniel. Wat ’n mooi land het ons nie en watter fassinerende geskiedenis van die ontwikkeling vd verhoudinge tussen kulture en bevolkingsgroepe. Die kompleksiteit daarvan is gemessel in die strukture en geboue wat ons raakloop. Soms maak die ingewikkeldheid daarvan en die omvang vd foute jou moedeloos, maar na ‘n dag soos vandag gaan jou moeë lyf met hoop lê om te rus. Daar is soveel hoop in die fyner nuanses van die verhale van ons land. Neem ʼn slag tyd om te gaan sit by mense en luister na hulle verhale en daar sal hoop na jou toe kom, mits jy nie foute probeer ontken of onreg verdedig nie. Dankie aan die Rynse Kerk en Moederkerk en Pniel met julle slawegeskiedenis, julle verhale gee my hoop. Is daar nie nog Pelgrims van hoop wat saam met ons wil stap op soek na hoop nie?
(Frederick Marais, 20 Jun)
 
20160620_090431
20160620_090307
Die stap begin
Communitas se personeel het vroegoggend in Stellenbosch saamgestap en die eerste 2 kerke saam met die pelgrims besoek. So is hulle met ʼn gebed deur Pierre Goosen uitgestuur vanaf die Rynse Kerk van Stellenbosch op die Braak. Daarna is ons na die Stellenbosch Moederkerk, waar ons saam nagmaal gevier het.
20160620_085139
20160620_083955
20160620_085649
Die stap begin by die Rynse VGK gemeente op die Braak in Stellenbosch. Fassinerende stukke geskiedenis word vertel.
(Louise Jackson, 20 Jun)
Binnekant_Rynse kerk_Braak, Stellenbosch
Die binnekant van die Rynse kerk by die Braak op Stellenbosch. Hier staan ons aan die begin van ‘n nuwe been van die Overbergse Pelgrimstog van Hoop. Dit was die eerste van twee plekke waar ons vandag gehoor het dat slawe nie gedoop is nie, omdat hulle dan as Christene gereken sou word en dan sou hulle vrygelaat moes word. (Neels Jackson, 20 Jun) Rynse kerk, Braak
Die Moederkerk (Stellenbosch) word ook gevra om ‘n gasheer te word in die Pelgrimstap sodat pelgrims hul gasvryheid en koinonia in die kerkgebou kan geniet.
 
 
20160620_090645
20160620_091839
20160620_093010
20160620_093135
20160620_092652
Nagmaal by die Stellenbosch Moederkerk, bedien deur Marié Britz en Hannes Koornhof
Hannes Koornhof bedien die brood aan Frederick Marais tydens die begin van ons stap van die nuwe been van die Pelgrimstog van Hoop. Links is Gielie Loubser. (Neels Jackson, 20 Jun) Nagmaal_StellMoeder
Pelgrimstap_STBMoedergemeente Sagte reën val buite. Nagmaal word bedien in Stellenbosch Moedergemeente. Die begin van nog ‘n been van die Pelgrimsroete. Nou stap hulle na Pniel. (Louise Jackson 20 Jun)
Op die ou Helshoogte pad. Die wolke word donkerder. (Louise) Helshoogtepad
Aankoms Pniel Dwarsdeur natgereënde pelgrims kom by die Congregational Church in Pniel aan. (Louise)
Pelgrimstog van Hoop. Klaar gestap op dag 1. Natgereën. Nou in die Congregational Church in Pniel. Eerwaarde Leon Klate vertel hulle geskiedenis. Een van die skrikwekkende stukkies geskiedenis wat ons al 2x vandag gehoor het : Slawe is geëvangeliseer , maar hulle mag nie gedoop word nie. As hulle gedoop is, was hulle Christene en dan moes hulle vrygestel word. (Louise Jackson, Pniel Congregational Church.)
Eerw Leon Klate van die Kongregasionalistiese Kerk op Pniel, voor in sy gemeente se kerkgebou saam met dr Frederick Marais. Pniel is ‘n gemeenskap wat in die 1830’s ontstaan het uit vrygelate slawe. Watter wonderlike mense het ons nie daar ontmoet nie. (Neels Jackson, June 20)
Congregational Church, Pniel_Eerwaarde Leon Klate
Die pelgrims by die ingang van Pniel se laerskool waar ons vir mnr Ruben November, die skoolhoof, en vir sy skool gebid het. Van links is Louise Jackson, Gielie Loubser, Ruben November, Frederick Marais, Peet en Adrienne Bester, en Sandra November.  (Neels) Pniel laerskool
Louise en dr Joaline Lackay deel ‘n grappie. Ons gaan by haar tuis in haar huis in Pniel. Wat ‘n indrukwekkende mens is sy nie. (Neels) Dr Lackay
 Pniel na Franschhoek So stap ons vandag van Pniel na Franschhoek. Oorkant teen die hang is Pniel. Pelgrimstog van Hoop. (Louise Jackson, 21 Jun)
Stap uit Pniel Vroegoggend stap ons uit Pniel saam met Sandra November wat al die plaaslike stories vir ons vertel. (Louise)
Lanquedoc Langs Pniel is Lanquedoc. Lang en hartseer geskiedenis. (Louise)
St Giles Kerk, Lanquedoc In die Anglikaanse kerk (St Giles) in Lanquedoc. Hier het ons gesing: “Kom buig daar in aanbidding! Kom buig daar in aanbidding! Kom buig daar ina aanbidding voor Christus die Heer!” (Neels)
Pniel se ‘W’. Inwoners van Pniel is baie trots op hierdie stukkie van die Simonsberg bokant hulle woongebied wat die letter W vorm. Vra ek vir Sandra November waarvoor staan die W. Sê sy, wat ‘n nooi Williams was: Dit staan vir Williams. Ons voorsate het dit self so uitgekap. (Neels) Simonsberg vorm W bokant Pniel
Adrienne Bester in die veld waardeur ons gestap het. In die agtergrond is die Simonsberg.(Neels) A voor Simonsberg
Simonsberg agter Met Simonsberg in die agtergrond stap die pelgrims verby.
Waterval ‘n Onverwagse groot mooi waterval.
Stap Franschhoek binne Laatmiddag, na omtrent 25 km stap ons Franschhoek binne. (Louise)