{ARGIEF}

Ds Winston Samuels, leraar van die VGK Wynberg, word vandag in Wellington begrawe. Ds Samuels was ‘n gewaardeerde lid van die Communitas.
Raad en ons wil  graag op hierdie wyse hulde bring aan hom. Ons betreur saam met sy gemeente en familie die feit dat hy so vroeg van ons weggeneem is en dat
ons nie die pad verder saam kon loop nie.
Ds Winston Samuels het op Maandag 7 Oktober 2013 gesterf in die amp as leraar van die VGK Wynberg-gemeente wat hy vir die afgelope 4 jaar, sedert 2009 bedien. Hy het sy bediening as tentmaker begin in 2007 by die VGK gemeente, Marydale in die Noord-Kaap. In ’n artikel wat in Rapport verskyn het na sy bevestiging in Wynberg-gemeente, het hy genoem dat hy nooit kon dink dat hy van die klein plattelandse dorpie in Marydale na die gevestigde stedelike gemeente Wynberg beroep sou word nie.
 Vir sy naaste familie, die gemeente, sy kollegas en baie ander is dit met groot skok en leedwese dat ons so skielik van hom afskeid moes neem. Ons vertrou dat almal berusting sal vind in die ontfermende genade van die Here.
 
Die Begrafnisdiens vind plaas op Saterdag 12 Oktober 2013 om 10:00, besigtiging om 09:00, by VGK Huguenot-gemeente, Paarl. Die teraardebestelling vind plaas by die begraafplaas in Wellington.