{ARGIEF}

Citrusdal-gemeente-logoNG Gemeente Citrusdal

Pastorale Berader / Versorger

 Die NG Gemeente Citrusdal het God se stem gehoor uit Jeremia 31:31 en Efesiërs 4 om dissipels vir Jesus Christus te wees waar ons is en om God se koninkryk so uit te brei.  Ons is ‘n gemeente gewortel in Jesus Christus wat gestuur is na die breër gemeenskap. 

Pos: Pastorale Berader / Versorger
Die gemeente is op soek na ‘n persoon wat:

  • ‘n Toegewyde, belydende Christen is;
  • Koninkryksgerig is en ‘n passie het vir dissipelskap
  • ‘n Gawe het vir Pastorale berading / versorging
  • ‘n Gawe het vir maatskaplike werk en veral kan fokus op:

–        Gesinswerk en versorging
–        Jong kinders
–        Werk in die breër Citrusdal gemeenskap

  • Sterk kommunikasie vaardighede het;
  • Tegnologies vaardig is;
  • Opleiding het in pastorale berading en/of maatskaplike werk;
  • Verkieslik ondervinding het in pastorale berading en/of maatskaplike werk.

Die gemeente bied:

  • ‘n Hoogs mededingende markverwante salaris wat onderhandelbaar is;
  • Behuising

Aansoeke:
Aansoeke moet gepaard gaan met volledige CV, gerig aan:
Pre-Advies Bediening
NGK Citrusdal
Posbus 265
Citrusdal
7340
Aansoeke kan ook ge-epos word na: ngkcitrusdal@telkomsa.net
Sluitingsdatum:
31 Augustus 2013
Navrae:
At Venter by 0836791141 of at@ghcitrus.com
Ds. Daniel van Zyl by 0832617650 of keteng@kingsley.co.za

Die Kerkraad behou die reg voor om nie net uit die aansoekers ‘n aanstelling te maak nie.