GEBRUIK DIE SOEK-FUNKSIE!

Written by webmeester on . Posted in Communitas Inligting

Communitas het oor die afgelope 3 jaar ‘n omvattende reeks hulpmiddels opgebou: oor die Bybel, oor Leierskap, oor Gemeentes en vele meer.

Dit kan egter so omvattend raak, dat ‘n mens half moedeloos raak om by die regte inligting uit te kom.

Gebruik dus die soek-funksie wat ons beskikbaar stel.  Dit bly die vinnigste manier om by inligting uit te kom.  Onthou ook om Boolean tekens – OR, AND, NOT – te probeer, alleen of in kombinasies – OR NOT, AND NOT, OR AND – as jy jou soektog meer spesifiek wil maak.  Bv. “leierskap” as soekterm gee tans 256 treffers, maar “leierskap AND transformasie” gee net 43, wat jou soektog kan vergemaklik.  “leierskap AND transformasie OR verandering” gee weer meer treffers, 162, maar die voordeel is dat jy die twee sinonieme – transformasie en verandering – se treffers saam kan deurwerk.  Geniet!

Trackback from your site.

Leave a comment