{ARGIEF}

Ons gemeente is vir ‘n paar jaar in ‘n proses om die Here se pad vir ons te vind maar stuit telkens teen die kultuur van blamering in ons gemeenskap. Telkens as die vernuwing kom en die gepaardgaande weerstand en kritiek, begin gemeentelede mekaar te blameer en ontspoor die proses. Hierdie Pinkster het ons weer ‘n vergadering gehad en geprek gevoer oor vernuwende inisiatiewe in die gemeente waaroor daar weer soos in die verlede kritiek is. By die vergadering ontspoor die gesprek weer toe leiers begin om te blameer totdat ‘n jong leier opstaan en se:  Ek is soos elkeen van julle ‘n geestelike leier in die gemeente en ek gaan niemand blameer nie maar verantwoordelikheid neem vir die plek waar ons nou is. Stadig het die gesprek begin draai van wie te blameer is, na die neem van verantwoordelikheid. Die verlamming was skielik weg en ons het ‘n pad begin sien.  Die kritiek het nie verdwyn nie, maar die verlamming is weg- die Gees het leiers opgerig in ons gemeente en ons kan nou ‘n pad begin stap.