As jy dink families is op die afdraende pad, dink weer!

Written by Frederick on . Posted in Gemeentes

Dit is nou al meer as ‘n dekade wat ons by Communitas (eers Buvton) navorsing doen oor die familielewe en spesifiek oor hoe gemeente ondersteunend kan wees tot die familielewe.  Ek kan goed onthou dat in die eerste jare van die navorsing daar nie eintlik baie ondersteuning was van die akademie nie. Die algemene gevoel was dat families besig is om veld te verloor- flagging a dead horse-wonderbaie van ons.  Aan die ander kant was daar groeiende belangstelling van ‘n meer fundamentalisties/evangeliese hoek wat gedink het tradisionele rolle van mans en vroue en kinders moet net bevestig word-lees afgedwing word- en dan is die Kaap weer Hollands. Ons vennote in die VSA, om nie te praat van Europa nie, het nie eintlik met entoesiasme gereageer nie.  Byna asof daar nie ‘n ruimte was om ernstig te voel oor families en terselfdertyd nie ook ge-brandmerk te word as ‘n familie fundamentalis en sommer ‘n advokaat vir manlike dominansie nie. Don Browning was die uitsondering met die wonderlike navorsing wat hy en sy span gedoen het in die Famlily and Culture projek van die neëntiger jare.

Ook by gemeentes het ons dieselfde ervaar.  Hoewel byna almal saamgestem het familielewe belangrik is, kon ons gemeentes moeilik beweeg om met alle erns hieraan te werk,  óf gemeentes het die probleme van die familie-lewe ontken en geoordeel dat dit ander agente in die samelewing is wat hieraan moet werk, óf hulle het nie raakgesien hoedat praktyke van die gemeentelewe, veral heelwat patriargale praktyke en houdings onder gemeenteleiers, wat nadelig was(is) vir die vorming van verhoudings binne en rondom die familie.

Ek het die afgelope tyd onverwags tekens begin sien van ‘n draai in die gety wat my baie opgewonde maak. ‘n Gemeente in die Vrystaat vertel my van hoe hulle hulle junior kategese “afgeskaf” het en tuis of familie katege in die plek daarvan geimplimenteer het.  Ek verwag die gewone tellerustelling tov die probleme om dit te implementeer.  Inteendeel- ek word begroet met entoesiasme, verhale van hoe jong ouers dit eenvoudig doen.

Ek weet van verskeie gemeentes wat dit probeer het maar nie daarin kom slaag nie- vir die eerste keer hoor ek van die teenoorgestelde.  Hulle vertel my dat die nuwe generasie ouers, die sg X-generasie (gebore tussen 1965-1979) die eerste generasie is waar pa en ma graag saam met hulle kinders dinge wil en gaan doen, insluitend die ontwikkeling van die kinders se geestelike lewe. Ek deel dit met jonger kollega’s en skielik ontvou ‘n nuwe wereld voor my oë. Ek sien hulle in die kerk met hulle kinders(die ouer generasies verkies wel dat hulle moederskamer toe sal gaan), in my buurt waar hulle geduldig met die kinders aand na aand gaan stap, ma’s én pa’s. Dit is duidelik hulle geniet dit om tyd met hulle kinders te spandeer. Ons ouerskap kursusse is skielik vol, vertel ‘n ander kollega, daar is ‘n waglys. Marilyn Ellias noem hulle die “Family first generation” ( USA Today 12/12/2004). Roger Waite in ‘n onlangse artikel in The Sunday Times in Londen praat van “Found fathers nurture a family revival” ( 22/03/2009 p5) Waite stel die onverwagse aard die famlie herlewing treffend-

Die feite van die Oxford navorsing is:
• nie alleen spandeer ma’s 25% meer tyd met hulle kinders as 20 jaar gelede nie.
• Pa’s spandeer byna ‘n 1/3de meer tyd met hulle kinders as 20 jaar gelede.
• In 1960 het 12% van families elke aand saam geeet, terwyl in 2002 20% families saam eet. (wat het nou geword van die “goeie ou dae”)

Hier is nog meer goeie nuus. Marilyn Elias berig in USA Today dat Generasie X en Y werknemers meer geneig sal wees as die sg boomer generasie om die familie bo die werk te stel. The Families and Work Insitute van New York praat van ‘n “generational shift” wat tov die familielewe besig is om plaas te vind.

Die verandering in houding het onverwags gekom. Elias: Nobody knows why the change is happening, but there are several possible causes, Galinsky says. “What I hear all the time from young men is that they want to be different than their fathers, who often worked long hours. They want to be more involved in their children’s lives.”  Die volgende verhaal van Ethan Hoff kleur die prentjie in. “Hof 29, a chemist, changed his work life to spend more time with his 2-year-old son, Alexander. Hoff works at Abbott Laboratories in Abbott Park, Ill., and until last April commuted with his wife, Elizabeth, another Abbott employee. But she often had to work late, so they didn’t see Alex from 7 a.m. to 7 p.m. Hoff’s own father, a computer programmer, had often traveled for weeks at a time. “My family is more important than work,” Hoff says. “I got frustrated because I was missing a lot of quality time with Alex.” With his boss’s cooperation, Hoff started working a 6:30 a.m.-to-3 p.m. shift so he could spend several hours with Alex before bedtime. They read, work puzzles, play baseball and just hang out. “Alex is happier now. He just glows and loves to talk about his time with Daddy,” Elizabeth Hoff says”.

Die uitdaging is in die hande van die leiers van gemeentes. Meeste gemeentes se leierskap is in die hande van die Boomer generasie vir wie familie-lewe meestal lippediens is, of kom ons se maar aangeleerde gedrag wat nie natuurlik kom nie- ons preek dit maar praktiseer dit moeilik.  Sal hierdie generasie bereid wees om te leer by die jonger generasie wat hulle nie vertrou nie? Generasie X’ers is sinies oor wat vorige generasies met die familielewe aangevang het sê Peter Hansen in ‘n boek oor die wyse waarop X’ers die familie-lewe uitbeel in films. (The Cinema of Generation X, McFarland, 2002) Dit moet ons egter nie verwar dat dit beteken dat families nie vir hulle belangrik is nie. In films soos Cabaret, The Blue Room en American Beauty is families op die oog af disfunksioneel, is die ondertoon lament en die houding bitter teenoor die vorige generasies. (Hansen p50)

Hulle, die X-generasie, is die eerste generasie wat dit waarskynlik gaan regkry om verhoudings sentraal te stel in families.  Hulle is ten minste besig om te probeer. Die vraag is of ander generasies bereid gaan wees om saam met hulle in die oënkynlik disfunksionele wêreld van ‘n verhoudings gefokusde familie-lewe in te beweeg. Ons het dit nog nooit werklik te vore geken nie en sal almal van voor af moet leer.

Ek dink hier is ‘n wonderlike geleentheid vir gemeentes wat ons nie uit ervaring van die verlede kan hanteer nie, maar waar ons die stokkie moet oorgee vir ‘n jonger genersie om ons te leer oor hoe ‘n gemeente lyk wat nie net praat oor families nie, maar wat dit glo én leef. Lees gerus oor hoe ek hierdie tendense in ‘n gemeente waargeneem het.

 

Trackback from your site.

Leave a comment