{ARGIEF}

Kultuurtransformasie in Gemeentes [VBO 11] 

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

Aanbieders: Frederick Marais & Leon Venter
Datum: 4–6 Mei 2010
Plek: Stellenbosch

Tema en doel:
Die kursus poog om aan predikante en gemeenteleiers toerusting in leierskaps-vaardighede vir gemeentelike kultuurtrans-formasie te bied. Transformasie in gemeentes kan op verskillende vlakke plaasvind. Dit kan transaksioneel wees – gefokus op strukture en programme, óf dit kan transformeel wees met die fokus op die transformasie van die kultuur van die gemeente.
Hierdie kursus se uitgangspunt is dat transformasie in gemeentes slegs volhoubaar is, indien dit daarin slaag om ‘n nuwe kultuur in die gemeente te skep.
Die uitdaging vir die skepping van ‘n nuwe  kultuur  in die gemeente is ‘n uitdaging wat gemeentes in ons Suider-Afrikaanse konteks nie kan ontkom nie. Die uitdaging is om die instandhoudings-kultuur, wat dikwels eie is aan hoofstroom kerke, te transformeer tot ‘n roepingskultuur.
Kultuurtransformasie stel besondere eise aan gemeenteleierskap. Daar is ‘n gesegde wat sê: Culture eats strategies for breakfast!  Indien ons in ons pogings tot transformasie nie rekening hou met die heersende kultuur van die gemeente nie, gebeur dit maklik dat velerlei pogings tot transformasie misluk. Hierdie ervaring laat gemeenteleiers dikwels met ‘n gevoel van onvergenoegdheid van hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde. Daar is die afgelope aantal jare by Communitas en in die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes indringend oor hierdie uitdagings navorsing gedoen en metodiek ontwerp wat werk in ons Suid-Afrikaanse konteks. Ons sal graag van hierdie insigte met die kursusgangers wil deel.

Inhoud:
  Wat is ‘n gemeentekultuur?

  • Hoe funksioneer ‘n kultuur in die gemeente
  • Die rol wat leiers speel in die skep van ‘n gemeentekultuur
  • Die interpretasie van ‘n gemeentekultuur
  • Raamwerke word verskaf om die gemeente se kultuur te interpreteer en uitdagings vir die skep van ‘n nuwe kultuur te identifiseer
  • Watter uitdagings stel die evangelie aan die kultuur van die gemeente? Roepingsuitdagings vir die gemeente
  • Konnekteer die gemeentekultuur met die kultuur van die gemeenskap waarin die gemeente funksioneer?

  Die skep van ‘n nuwe gemeentekultuur?

  • Die basiese meganismes waarmee nuwe kultuur in die gemeente geskep kan word

• Skep van ‘n nuwe taal en ontwikkeling van ‘n alternatiewe verhaal
• Identifisering en modulering van waardes deur leiers
• Inoefening van nuwe gedrag wat die nuwe kultuur beliggaam
• Be-oefening van gewoontes wat die nuwe kultuur bevestig:
a) Aanpassende vs tegniese verandering
b) Begeleiding van ‘n gemeente in ‘n suksesvolle kultuurtransformasie-proses
c) Afbreek van weerstand
d) Die rol van geloofsgewoontes en geloofsonderskeiding

Uitkomste:
In hierdie kursus word daar gefokus op die bou van leierskapskapasiteit  om gemeentes te begelei in ‘n  kultuurtransformasie. Ons gaan kyk na die kennis, houdings, vaardighede en gewoontes wat leiers nodig het om leierskap te gee in tye van kultuurtransformasie. Predikante en gemeenteleiers is welkom. Dit is ‘n praktiese kapasiteitsbou-kursus in gemeenteleierskap. Aandag sal deurentyd gegee word aan die spesifieke uitdagings van die gemeentes verteenwoordig in die kursus en gemeenteleiers wat hulle gemeente suksesvol deur ‘n kultuurtransformasie begelei het, sal hulle verhale met ons deel in die kursus.

 Kultuurskeppers beskik oor die kapasiteit om:

  • ‘n gemeentekultuur te kan lees;
  • ‘n gemeentekultuur te kan interpreteer; en om
  • ‘n nuwe kultuur in die gemeente te kan skep.