{ARGIEF}

In die lig van ons as familie van NG Kerke se missionale verstaan van kerkwees, die groot demografiese veranderinge wat in die meeste Suid Afrikaanse gemeenskappe plaasvind, asook die krimpende getalle wat baie gemeentes in SA beleef, het die oortuiging ontstaan dat ons as NG familie van kerke baie by die Fresh Epressions beweging in Engeland kan leer.

Na ‘n onlangse besoek van Biskop Graham Cray, die hoof van die beweging in Engeland, het Communitas (Sentrum vir gemeentebegeleiding) besluit om Ekklesia (Ekumeniese Sentrum vir leierskapontwikkeling) te versoek om ‘n vennootskap met FE Engeland aan te gaan met die oog op die aanbieding van hulle hoofkursus. Hierdie kursus word “Mission Shaped Ministry”( MSM) / Missionaal Gevormde Gemeentes  (MGG) genoem.

Die aard van die kursus:

Teologies missionaal , proses gedrewe en praktyk georienteerd.

Waardes van die kursus:

  1. Ekumenies
  2. Geestelik verrykend
  3. Aanpasbaarheid
  4. Gemeenskap vormend
  5. Diversiteit inklusief
  6. Volwasse onderrigtend
  7. Praktyk georienteerd
  8. Gebed gebaseerd

Wie kan die kursus bywoon?

Leraars, gemeenteleiers en sendelinge wat:

  1. Besig is om ‘n nuwe bediening te ontwikkel.
  2. Beplan om ‘nbediening te begin.
  3. Hul bestaande gemeente wil transformeer om meer missionaal te wees en te funksioneer.

Waar word die kursus aangebied in 2013?

Kaapstad:  NG Kerk La Rochelle, H/v Meerlust en Hadleystraat, Bellville.  Tel 021 919 9253

George:  VGK George, Canary straat, Rosemoore, George, Tel 044 871 2189

Temas:

Tydens die 9 maande opleiding sal kursusgangers 24 modules deurloop, sekere modules is opsioneel. (Sien program vir volledige temas) Voorbeelde van temas:

  • God se sending
  • Missionale gemeentewees
  • Dissipelskap
  • Evangelisasie
  • Missionale leierskap
  • Missionale waardes
  • Evangelie en kultuur
  • Kinders en jeug
  • Missionale kleingroepe
  • Ontwikkeling van nuwe bedieninge

Aanbieders:

Aanbieders uit versillende  denominasies  , wat kundig en ervare is op die gebied van nuwe geloofsgemeenskap ontwikkeling  gaan onder leiding van die volgende span die kursus aanbied:

Philip Botha(Kursus leier, NGK), Gordon Crowther(Anglikaans), Peter Adams(VGK), Chris Goddard(Vinyard), Brian Koela(NGO-Warehouse).

Taal:

Kursus sal in Afrikaans en Engels aangebied word.

Koste van die kursus:     R3000 p p

Die sluit die volgende in:

‘n Lêer met volledige studente kursusmateriaal. Materiaal slegs in Engels beskikbaar.  Verversings tydens die 24 sessies.

Beurse:

 Leraars en lidmate van die NG Kerk familie (NG, VGK en RCA) wat belangstel om die kursus by te woon kan onverwyld by die volgende adres aansoek doen vir ‘n beurs:

GKS, Posbus 3322, Matieland, Stellenbosch, 7602 of philipb@sun.ac.za

Suksesvolle kandidate kan van ruim ondersteuning voorsien word. (Sien aansoekvorm)

Kerkrade:

Lidmate en leraars word aangemoedig om ook by hulle Kerkrade aansoek te doen vir finansiele ondersteuning.

Deposito:  R500 deposito is betaalbaar voor 25 Februarie 2013.

Bekendstellingsnaweek vir besoekers: 24-26 Mei 2013

Gesien in die lig van die behoefte om die kursus ook op ander plekke in SA aan te bied,  gaan die geskeduleerde kursus op 25 Mei(in die Kaap), deel vorm van ‘n bekendstelling / wegbreek naweek om belangstellendes aan die kursus bloot te stel.

Indien u belangstel om die kurus ook in u omgewing in 2014 te laat aanbied, doen navraag oor die bekendstellingsnaweek by Philip Botha, 082 823 2272, philipb@sun.ac.za

Struktuur van die kursus:

In Kaapstad sal die kursus  uit 4 Saterdae (1 per kwartaal) en 12 Dinsdagaande bestaan.

In George sal die kursus op 8 Saterdae (1 per maand vanaf Apr tot Nov) aangebied word.

Akkreditasie:

‘n Sertifikaat sal deur die Teologiese Fakulteit aan suksesvolle kursusgangers tydens ‘n akkreditasie geleentheid oorhandig word. Minstens 20 modules moet bygewoon word. Geen eksamen word geskryf nie, wel lees en tuiswerk. Dertig VBO punte kan verdien word.

Vir die volledige program, tye en temas, sien die volledige program.

Inskrywingsvorm en beursaansoekvorm is by  Ester beskikbaar: ngkvroue@sun.ac.za

Navrae: philipb@sun.ac.za   Tel:021 5579776 of 0828232272

Datums, Modules vir  MGG 2013  Kaapstad  Datums, modules vir MGG George

MSM-program