{ARGIEF}

Die Taakspan  Gemeentebegeleiding  is ‘n taakspan van Communitas wat gemeentes  begelei  om deel te word van  die Drie-enige  God  se  sending om die wêreld heel te maak. Ons glo dat gemeentes God se geskenk is aan dié wêreld. Ons begelei gemeentes daarom om geloofsonderskeidend deel te neem aan die inbraak van die Koninkryk van God in hulle gemeenskap.

Kontakbesonderhede:

  • 021-808 3265
  • Voorsitter: Johan Kotze – johankotze44@gmail.com
  • Ondervoorsitter: Andries Daniels – adani@mweb.co.za
  • Frederick Marais – jfm@sun.ac.za (PSD NGK)
  • Ronnie Noemdoe – ronnie@bmedia.co.za (PSD VGK)
  • Divine Robertson – dr@sun.ac.za (admin beampte)

 Assessering van die dinamika van die gemeente

In die assessering van die dinamika van die gemeentes maak ons gebruik van ‘n aantal metodieke:

  • Storiemuur– ‘n narratiewe analise van die verhaal van die gemeente om patrone te identifiseer.
  • Gemeentekultuur– ons etnografiese metode waarin die heersende kultuur van die gemeente beskryf word. dit help gemeentes om te bepaal watter gawes die Gees aan hulle gegee het in die uitleef van hulle roeping.
  • Bedieningsvraelys– ‘n Vraelys waarin gemeentelede geleentheid gegee word om terugvoer te gee oor die bediening van die gemeente.
  • Sisteemanalise– ‘n Vraelys wat bepaal wat die dominante sistemiese raamwerke is waarin gemeentelede funksioneer. Die analise bemagtig leierskap in die ontwikkeling van ‘n toepaslike styl vir hulle leierskap.

Dienslewering

1.  Gestuurde Konteksanalise
‘n Proses waarin daar ‘n ontleding van die gemeenskap gedoen word om insig te ontwikkel  tov Koninkryksgeleenthede vir die gemeente te bepaal
2.  Kontraktering
Bogenoemde assessering help ons om dan saam met die gemeente ‘n geloofsonderskeidende proses te ontwikkel vir die gemeente en met die gemeente te kontrakteer tov die verskillende rolle en tydsraamwerke. Communitas het geakkrediteerde begeleiers wat gemeentes begelei in die ooreengekome proses.
3.  Gemeenteprosesse:
Communitas begelei gemeentes in oa die volgende prosesse:
3.1  Ontwikkeling van ‘n Gestuurde roeping vir die gemeente
Die Drie-enige God roep gemeentes om deel te neem aan God se sending. In ons begeleiding van gemeentes help ons gemeentes in ‘n proses van geloofsonderskeiding om helderheid te kry tov hulle spesifieke roeping en die belyning van hulle totale bediening tov  hierdie roeping. Hierdie proses word verkieslik in groepe of Clusters van gemeentes gedoen, maar gemeentes kan ook individueel hierin begelei word. Communitas werk hierin saam met die Suider-Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes (SAVGG)
3.2  Organiese Geloofsvorming
In hierdie proses word die gemeenteleiers toegerus om gemeentelede te begelei in prosesse van geloofsvorming om so die roeping van die te beliggaam in die gemeente en gemeenskap.
3.3    Bedieningsontwikkeling:
Communitas bring kundige leraars en gemeenteleiers bymekaar om materiaal en prosesse te ontwikkel wat gemeentes kan gebruik in die ontwikkeling van hulle bedieninge, en sodoende  gemeentes te ondersteun om hulle Roeping te vertaal in hulle bediening
4.    Konferensies
Communitas reël konferensies rondom verskillende bedieningstemas. Gaan na konferensies vir meer inligting oor konferensie wat in die verlede aangebied is en toekomstige konferensies.
5.    Navorsing
Communitas doen navorsing oor tendense en bedieningsontwikkeling in gemeentes.