{ARGIEF}

Communitas lewer ‘n diens aan gemeentes om hulle te ondersteun in hulle taak om navorsing te doen oor die verskuiwings en tendense wat in die gemeente, onder lidmate en in hulle konteks plaasvind. Ons sien hierdie inligting nie as normatief vir die vasstelling van die roeping nie, maar as strategiese inligting om gemeenteleiers in staat te stel om hulle roeping in Jesus Christus beter te verstaan en uit te leef in die konteks waarin hulle leef.

Instrument 1 – Communitas-gemeentevraelys:

Die Communitas-gemeentevraelys is ontwerp as ‘n hulpmiddel aan gemeentes wat wil vasstel hoe lidmate dink oor die kerk, die bediening en roeping van die gemeente. Oor die afgelope dekade het Communitas ‘n databasis ontwikkel van gemeentes wat hierdie instrument gebruik om sodoende gemeentes wat die vraelys gebruik se resultate te vergelyk met dié van die databasis. Communitas se medewerkers ontleed die resultate van die vraelyste wat deur gemeentelede ingevul is statisties en dan skryf gemeentekundiges aan die gemeente ‘n verslag waarin die unieke eienskappe en uitdagings van die gemeente uitgelig word. Communitas fasiliteerders begelei die gemeente in ‘n gesprek oor die verslag.

Vir meer inligting oor die Communitas-gemeentevraelys kontak Divine Robertson by 021-8083265 of dr@sun.ac.za

Instrument 2 – Etnografiese of kultuur analise:

Hierdie instrument is ontwerp om gemeentes te help om hulle gemeentekultuur beter te verstaan. Communitas se span etnograwe ontleed die onderhoude wat deur gemeenteleiers gedoen word en skryf aan die gemeente ‘n verslag wat hulle gemeentekultuur beskryf. Hierdie intrument is veral van waarde vir gemeentes wat dieper wil kyk na die houdings en waardes wat in die gemeente se kultuur funksioneer. ‘n Span luister leiers word opgelei wat onderhoude met spesifieke gemeentelede voer en dit word dan na Communitas se Leesspan gestuur vir ‘n ednografiese analise.

Vir meer inligting oor die etnografiese analise kontak vir Divine Robertson by 021-8083265 of dr@sun.ac.za

Instrument 3 – Narratief-sistemiese analise van die dinamika in die gemeente

Hierdie instrument volg ‘n interaktiewe metodiek en help gemeenteleiers om die dinamika in die gemeente op ‘n dieper vlak te verstaan en te ontleed. Dit is nuttig om te gebruik wanneer daar ‘n herhaling van patrone waargeneem word, maar daar onsekerheid is wat werklik die oorsaak van die dinamika is. Daar word gebruik gemaak van Storiemuur tegniek en dan word daar sistemies en volgens die beginsels van Waarderende Ondersoek ( Appreciative Inquiry) se beginsels gesoek na die alternatiewe verhaal en die denkraamwerke wat die “ gedrag” in die gemeente bepaal. Communitas beskik oor fasiliteerders wat hierdie proses in gemeentes met gemeenteleiers kan doen.

Vir meer inligting kontak vir Frederick Marais by 021-8083265 of jfm@sun.ac.za