{ARGIEF}

My oë  dwaal oor die gemeente . Links voor sit my kleinkinders in verwondering na hulle oupa en kyk, en toe vang my oog hom. Regs voor jn die orrelkantblok direk langs die paadjie ln die vierde ry. n Pragtige blonde seuntjie op sy pa se skoot niks ouer as tweejaar nie. Ek kry n knop in my keel maar Herodus neem oor en ek blaker my moordplan aan die gemeente uit.

Uiteindelik is dit verby. Al die karakters staan op die verhoog. Deur die kerkgebou klink die die wonderlike woorde van stille nag. Die laaste reels van vers drie gryp my aan  “Jesus Heer, voor U mag, voor u ryk moet die duisternis swig, tot in ewigheid bly U die lig. Heer gebore vir ons”.

Ek kyk na die dankbare gesigte voor ons en die trane loop ongevraagd oor my wange. Ek kyk na Lynette wat die dryf   agter die kersspel  was en sien hoe sy versigtig en half ongemerk die trane afvee .   Ek merk ook talle ander wat aan hulle “neuse” vat.

 

Toe  weet ek verseker: God laat nie toe dat enigiemand Sy Kind sy Troon ontneem nie, ook nie Herodus nie.

Herodus se aanslag op Christus  se  troon hoewel onmenslik wreed bevestig God se almag en gee daarom vir ons hoop

Vrede en vreugde .

Frik/ Herodus