{ARGIEF}

Covey se benadering het wye praktiese toepassingsmoontlikhede, onder andere vir missionale leiers. Nie alleen fokus hy op karakterontwikkeling en integriteit nie, hy benadering leierskap vanuit ‘n holistiese perspektief wat strategies bou aan elke aspek van ‘n mens se funksionering. Boonop plaas hy ‘n hoë premie op ‘n selfopofferende diensperspektief wat leiers begelei om doelwitte na te jaag sodat die gemeenskap gebou kan word.

Mens sou die sewe gewoontes soos volg kon opsom:

 7-habits-model

Onafhanklikheid of Selfbemeestering

Die eerste drie gewoontes handel oor die paradigmaskuif van afhanklikheid na onafhanklikheid:

 

Gewoonte 1: Wees Pro-aktief

Neem inisiatief in die lewe deur te ontdek jou besluite (en hoe dit inpas by lewensbeginsels) die primêre bepalende faktor is vir effektiwiteit in mens se lewe. Neem dus verantwoordelikheid vir keuses en die gevolge wat daarop volg.

 

Gewoonte 2: Begin met die Einde in sig

Hierdie gewoonte help mens om die karakterwaardes, en lewensdoelwitte te ontdek en te verhelder. Dit help mens ook om die karaktertrekke vir elk van die verskillende rolle en verhoudinge in jou lewe te verwoord. Hieruit word ‘n missiestelling ontwikkel.

 

Gewoonte 3: Eerste dinge eerste

‘n Week se verpligtinge word geprioriseer, beplan en uitgevoer nadat dit gebaseer is op belangrikheid eerder as dringendheid. Evaluasie van hierdie pogings dra voorts daartoe by om vas te stel of dit die begeerde karakterwaardes uitleef, die gestelde doelwitte najaag en die rolle en verhoudinge, wat in Gewoonte 2 geïdentifiseer is, verryk.

 

Interafhanklikheid
Die volgende drie gewoontes het betrekking op mens se vermoë om met ander mense saam te werk.

 

Gewoonte 4: Dink wen-wen

In hierdie gewoonte soek mens na wedersyds-opbouende oplossings  of ooreenkomste in ons verhoudings. Die aankweek van waardering en respek vir ander mense bou die insig uit dat ‘n “wen” vir almal is op die lange duur ‘n beter oplossing as wanneer een persoon die situasie kon dikteer.

 

Gewoonte 5: Soek om eers te verstaan en dan om verstaan te word

Die inoefening van empatiese luistertegnieke met die bedoeling om die ander persoon toe te laat om jou te beïnvloed, help jou om te sien hoe dit die ander persoon aanraak om hom/haarself eweneens oop te stel vir jou standpunte. Dit skep boonop ‘n atmosfeer van respek, sorg en positiewe probleemoplossing.

 

Gewoonte 6: Sinergeer

Die sterkpunte van mense word saamgevoeg deur positiewe spanwerk en sodoende word doelwitte bereik wat een persoon nie alleen sou regkry nie. Die beste prestasie word by ‘n groep bewerk deur betekensivolle bydraes aan te moedig en deur ondersteunende en inspirerende leierskap ter modelleer.

 

Self Vernuwing
Die laaste gewoonte hou verband met self-vernuwing.

 

Gewoonte 7: Maak skerp die saaglem

In hierdie gewoonte leer mens om jou eie emosionele hulpbronne, energie en gesondheid  te balanseer en te hernu om ‘n volhoubare langtermyn lewensstyl aan te kweek. Primêr word oefening vir fisiese vernuwing, asook gebed en goeie leesstof vir kognitiewe vernuwing beklemtoon. Hierbenewens word diens aan die samelewing onderskryf as bousteen vir geestelike vernuwing.