{ARGIEF}

Wie is GKS?

GO en SRKS sluit samewerkingsooreenkoms

Die kantoor vir nuwe gemeente-ontwikkeling (GO) van die sinode van Wes- en Suid-Kaapland en die Skiereilandse Raad vir Kerklike Samewerking (SRKS) het einde verlede jaar deur middel van `n samewerkingsooreenkoms tussen die NGK en VGK besluit om hul werksaamhede voortaan gesamentlik te hanteer.

Die SRKS, wat reeds `n gesamentlike aksie van die NGK en die VGK was, is reeds vyftig jaar besig met kerkplanting in die voormalige Sendingkerk en NGKA en later VGK.

In die Skiereiland is in die tyd 26 gemeentes geplant en enkeles is gehelp met hervestiging. Die GO kantoor het vier jaar gelede tot stand gekom en is nou betrokke by die ontwikkeling van nuwe bedieningspunte binne die NGK, die herontwikkeling van kwynende gemeentes, asook die vestiging van multikulturele bedieningspunte, veral in areas waar die demografie dramaties verander het. Die nuut gevormde liggaam staan bekend as die Raad vir Gemeente-Ontwikkeling en Kerklike Samewerking. (GKS)

Beide die VGK en NGK het by `n punt gekom het, waar besef word dat die werk eintlik nie meer alleen en in bestaande vorme voortgesit kan word nie. Suid-Afrika is onherroeplik aan die verander en die kerk benodig dringend voertuie, wat hierdie werklikhede op bedieningsvlak kan aanspreek.

Terselfdertyd is daar bepaalde uitdagings, wat ons bedieningswyse aan `n nuwe geslag uitdaag. Die nuwe liggaam sal binne die VGK ook die werksaamhede kan uitbrei na die hele sinodale gebied, wat die hele Kaapland insluit. Op die oomblik is daar besondere uitdagings in die Oos-Kaap wat aangespreek moet word. Dit word egter in noue samewerking met die sinode van Oos-Kaapland gedoen. Voorheen was die SRKS se werksaamhede net tot die Skiereiland beperk.

Personeel:

Ds Peter Adams (VGK) peter@kaapkerk.co.za

Dr Braam Hanekom (NGK) braam@kaapkerk.co.za

Kontak ons gerus vir enige verdere navrae by 021-9577202


Projekte vir 2008…

o Kraaifontein interkulturele bediening

o Maitland Gemeenskapskerk

o New Life Ministry Tokai

o Calitzdorp Gemeenskapsprojek

o Bothasig – de Grendel uitbreiding

o Schoongezicht bedieningspunt Brackenfell

o La Rochelle Community Fellowship

o George Interkulturele Middestadsbediening : NGK Tuinedal, VGK Pacaltsdorp & NGK George-Suid

o Belhar-Oos

o Phesantekraal

o Khayelitsha, Langa en Nyanga

o Mfuleni

o Parklands

o Philadelphia

o Philippi & Woodlands B

o Rylands / Cravenby

o Citrusdal

o Seyisi

o Robinvale

o Silversands

o Delft & Wesbank


GKS se nood/Bydraes

Die Raad vir Gemeente Ontwikkeling en Kerklike Samewerking (GKS) vind dit nou soos in die verlede baie moeilik om geredelik voorsiening te maak in die behoeftes van sy projekte. Dit is egter ook belangrik om te verstaan dat GKS multikultureel werk en ‘n diens aan alle geloofsgemeenskappe lewer.

Ons vertrou dat die Here ons sal help om te voorsien in hierdie behoeftes en ook sal help om die evangelie op ‘n waardige wyse te kan bedien. Moeder Teresa skryf: “Wanneer `n arm mens van honger doodgaan, is dit nie omdat God nie vir daardie persoon gesorg het nie. Dit is omdat ons nie instrumente in die hand van God was om vir die armes `n stukkie brood of klere te gee toe hulle dit nodig gehad het nie.”

Ons is op u ons vennote se welwillendheid aangewese. Ons glo en vertrou dat u ons hierin kan help en wil graag ons bankbesonderhede aan u deurgee vir enige finansiële hulp.

Naam: NGK in SA

Bank: ABSA

Rekeningnommer: 360 000 451

Takkode: 630110

Verwysing op depositostrokie: NGO 004

Lees hier meer oor die GKS se doelwitte.

AdamsHanekom