{ARGIEF}

gks hk
Hugenote Kollege in samewerking met Kommissie vir Getuienisaksie (KGA) en die Kantoor vir Nuwe Gemeente Ontwikkeling en Kerklike Samewerking (GKS) het ʼn konferensie oor Interkulturele Gemeente-wees aangebied op 22-23 Julie 2014 te Chrismar Villas (Bellville). Die konferensie het ook saamgeval met die jaarlikse KGA Jaarvergadering.
Tydens die konferensie is besin oor die aard en huidige funksionering van multikulturele gemeentes in die NG Kerk-familie, met die oog daarop om die vorming en funksionering van multikulturele gemeentes te bevorder.
‘n Opsomming van alle bydraes met skakels na die bydraes, navorsingsverslae asook individuele bydraes van die sprekers is beskikbaar en kan afgelaai word.