{ARGIEF}

Dis winter!

Ons is in die tweede helfte van die jaar!! Dis winter, dis koud. Dit word gou donker en ons hoop dit sal baie reën. Dit beteken gewoonlik dat Kix-byeenkomste swakker bygewoon word. Die skryfbehoefte-mini projek is ‘n wonderlike manier om Kix-kinders te motiveer om te kom ÉN om ‘n verskil te maak. Sending is tog die hartklop van Kix! En dit is boonop in die winter dat mense in nood die swaarste kry…
Teen hierdie tyd weet jou groep al dat die Kix-projek van die jaar Kix Koester Kinders genoem word en dat ons geld insamel vir skryfbehoeftes vir die behoeftige crèches in Malawi. Julle kan egter ook bykomend ‘n plaaslike organisasie wat fokus op vroeë kinderontwikkeling, ondersteun. Op hierdie manier kry die Kix-kinders eerstehandse blootstelling aan die nood in julle eie omgewing.
Hoe vind ons ‘n plaaslike projek?

  • Dink aan al die plekke in jul dorp of omgewing wat met babas of kleuters werk (sien die “infographic” vir idees).
  • Kies ‘n paar plekke en lê besoek af om inligting in te win (een of twee leiers kan gaan).
  • Kies daarna een plek waar jul as Kix-groep ‘n praktiese verskil kan maak deur bv. iets in te samel (soos doeke, klere, speelgoed of blikkieskos) of iets te maak (soos kaartjies, prente, ‘n banier of koekies).
  • Beplan ‘n besoek om ‘n oorhandiging te maak en so die Kix-kinders aan die gemeenskap bekend te stel.
  • Neem foto’s en stuur dit na jeug@sun.co.za. Ons plaas dit graag in die Kix.Kom.
  • Hou vol om deurgaans die inligting oor Malawi te deel en daarvoor geld in te samel.

Mag Jesus jul harte warm hou hierdie wintertyd!
[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2017-3de-kwartaal”]