{ARGIEF}

Ons groet en verwelkom…

KiX se Uitvoerende Komitee het op Vrydag 20 Mei vergader. Ons het vir Gielie Loubser gegroet, tot onlangs PSD: Jeug- en Familie, wat die leisels nou aan Anriëtte de Ridder oorgee. Op die foto agter vlnr: Gielie Loubser, José Layman, Pauline Matthee, Francina Damonse, Sharon Naudé en Anriëtte de Ridder. Voor is Sulet van der Bergh en Susan Johnston. (Afwesig: Christine van Eyssen en Frieda Oncker.)

KiX se Uitvoerende Komitee het op Vrydag 20 Mei vergader. Ons het vir Gielie Loubser gegroet, tot onlangs PSD: Jeug- en Familie, wat die leisels nou aan Anriëtte de Ridder oorgee. Op die foto agter vlnr: Gielie Loubser, José Layman, Pauline Matthee, Francina Damonse, Sharon Naudé en Anriëtte de Ridder. Voor is Sulet van der Bergh en Susan Johnston. (Afwesig: Christine van Eyssen en Frieda Oncker.)


Sharon Naudé het die afgelope 5 jaar as sekretaresse in die jeugkantoor gewerk. Sy bly steeds deel van die Communitas-span, maar sy skuif eersdaags na ‘n ander afdeling. Namens die KIX-familie, wil ek Sharon bedank vir haar harde werk en toewyding. Sy het gesorg dat die Kix.Kom-uitgawes elke kwartaal betyds gepos word, sy het vergaderings gereël, navrae hanteer en nog baie meer. Dit is vir my duidelik dat KIX nie net vir Sharon ‘n deel van haar werk was nie, maar ‘n roeping. Ons gaan jou mis, Sharon, en ons bid die Here se seën toe op jou nuwe pad.
Ons verwelkom dan ook vir José Layman as die nuwe sekretaresse in die jeugkantoor. Die KIX-familie sien daarna uit om jou te leer ken en saam met jou te werk, José!
Ons verwelkom Anriëtte de Ridder:
Na amper twee maande in my nuwe pos het ek pas my eerste KIX Uitvoerende Komitee vergadering bygewoon. Dit is ‘n voorreg om eerstehands te hoor wat in KIX-kinderbedieninge aan die gebeur is dwarsoor die land. In kerke, skole, nasorge en saaltjies kom groepies kinders bymekaar om meer van Jesus te hoor. In hierdie uitgawe wil ek elkeen bedank wat ‘n leier of helper by ‘n KIX-groep is. Dis julle diensbaarheid en toewyding wat hierdie pragtige getuienisse van kinders wat speel-speel die Bybel leer ken, moontlik maak. Mag die Here elkeen van julle seën met Sy wysheid, krag en liefde!
#Imagine Kidz
Sosiale media gons met die verwikkelinge rondom #Imagine Kidz wat in die Oktober-skoolvakansie plaasvind. #Imagine Kidz is deel van die groter #Imagine-beweging, maar is gemik op 10-12 jariges. Die formaat is plaaslike vakansieprogramme wat in gasheer dorpe aangebied word. Ons wil graag elke KIX-groep uitdaag om     hiervan deel te word en self ‘n gasheer te wees vir ‘n #Imagine Kidz-program. Al die materiaal en opleiding word verskaf. Die fooi beloop R300 per dorp. Gaan na www.imaginekidz.com vir meer inligting.

  • [listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2016-3de-kwartaal”]