{ARGIEF}

Welkom aan almal wat deel is van die KIX-familie… by kerke, skole, Kinderbondtakke, kleuterskole, nasorg, kategese groepe en nog baie meer!
DIE KIX-DROOM
Die Kix-droom is dat daar in elke gemeenskap ‘n KIX-groep sal wees, hetsy by die kerk, skool, kleuterskool of nasorg, waarin elke kind Jesus kan ontmoet en saam die Bybel kan leer ken. Dankie dat jy deel is hiervan!
KIX 2017
ONTMOETINGS
Daar word elke kwartaal 6 – 8 lesse (ons noem dit eerder ontmoetings) op die webblad gelaai. Ses of sewe ontmoetings gaan oor die Bybel. Ons is hierdie jaar opgewonde om chronologies deur die Nuwe Testament te reis! Daar is elke kwartaal ook ‘n spesiale les oor of idees vir die kerkjaar (byvoorbeeld Paasfees, Kersfees, ens.). Daar is selfs iets vir spesiale geleenthede soos Moederdag en Lentedag.
[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2017-groot-storie”]
KIX-PIRASIE
Elke KIX-groep het vrywillige leiers nodig. Dit is tieners of volwassenes met ‘n liefde vir Jesus en kinders wat kan help met groepwerk en om verhoudings te bou. Gebruik die begin van die jaar om genoeg leiers te werf deur die KIX-droom met hulle te deel. Die KIX-aanbieder het ook die verantwoordelikheid om die leiers te versorg. Gebruik die KIX-pirasie om jou leiers geestelik op te bou.

DIE KIX-PROJEK
KIX moedig kinders deurentyd aan om ook ‘n omgee vir die wêreld te ontwikkel. Daarom is daar ook elke jaar ‘n na-buite gerigte projek wat deur al die KIX-groepe saam ondersteun word. Die KIX-projek fokus hierdie jaar op die ondersteuning van vroeë kinderontwikkeling (VKO) en word genoem “KIX Koester Kinders”. Daar is twee bene – ‘n sending been en ‘n plaaslike been.
1.  Die sending been
Die idee is dat julle as groep deur die jaar geld insamel vir skryfbehoeftes vir die 5 behoeftige kleuterskole in Malawi met wie KIX ‘n verhouding het. Die kinders in jou KIX-groep raak op dié manier bewus van ‘n ander land, kultuur en taal en hulle leer hoe God wêreldwyd vir sy kinders sorg. Ons sal al die inligting oor hierdie deel van die projek verskaf.
Stap 1: Maak die kinders bewus van die projek en opgewonde om ‘n verskil te maak
Stap 2: Deel gereeld inligting (foto’s en stories) oor die Malawi créches.
Stap 3: Leer saam die woordjies in Chichewa.
Stap 4: Besluit hoeveel jul wil insamel en gebruik die skryfbehoefte handwerk items as motivering. (Sien bl. XXXX vir die besonderhede.) Maak dit ‘n groeppoging en hou die kinders weekliks op hoogte. Julle kan selfs jul gemeentes motiveer om ook by te dra.
2.  Die plaaslike been
Dit sal goed wees om egter ook in jou eie gemeenskap (of naby aan julle) ‘n plaaslike inisiatief te ondersteun. Wat kan julle doen?
Stap 1: Dink aan ‘n plek wat babas of klein kinders in jul gemeenskap versorg. (Kliniek, hospitaal, kinderhuis, sopkombuis, plek van veilige bewaring, pleegouers, kango-ouers, ens.)
Stap 2: Identifiseer ‘n behoefte waarmee jul kan help (dalk speelgoed of klere insamel, kaartjies maak, speel met kinders of gebed).
Stap 3: Deel inligting en foto’s met jou KIX-groep en bid vir hulle. (Onthou om ook terselfdertyd vir die kindertjies van die Malawi-been van ons projek te bid.)
Stap 4: Reël ‘n KIX-uitstappie om hulle te gaan besoek.
KIX OP DIE INTERNET
Jy kan KIX op pinterest volg: www.pinterest.com/k_kom/ en op facebook onder www.facebook.com/KixKinderbediening/ of www.facebook.com/groups/475678379142624/
Ons bid vir julle in dankbaarheid (volgens Paulus se gebed in Efesiërs 1: 15-23) dat julle hierdie jaar Jesus se geskenke van wysheid, hoop, rykdom en krag deur Sy Gees sal ontvang!