{ARGIEF}

Positiewe Ouerskap is ‘n ouerleidingsprogram vir ouers in gemeentes.Die kursus fokus doelbewus op die vestiging van ‘n deelnemende (in plaas van ‘n outokratiese of permissiewe) ouerskapstyl. Kommunikasievaardighede en dissipline word ook behandel. Besoek ook ons Blog oor Ouerskap om meer inligting oor die kursus te verkry.
Kontak Gielie Loubser by gielie@kaapkerk.co.za of Alta Marais om uit te vind wie in jou streek dit in julle gemeente kan kom aanbied by 021-882 9956 of 082 923 9010