{ARGIEF}

Hoe gaan dit met ons projek vir 2015?

Ons sal binnekort nog oulike idees gee om weer ‘n bietjie woema te gee met ons insamelings.

Verlede jaar se projek:

Tyd loop so vinnig aan. Wie kan nog onthou wat verlede jaar se projek was? Dit was die projek: “Vertel, vertel!”. Ons het geld ingesamel vir die “Vertel, vertel!”-Bybel wat in Zoeloe vertaal is. Hierdie Bybels gaan ons stuur na Msinga en Makhathini.
Teen einde-Maart het ons reeds die mooi bedrag van R 51 490.70 ingesamel. Ons weet daar is altyd nog gemeentes wat bydraes instuur. Julle is welkom om dit spoedig in te stuur sodat ons dit kan deurstuur. Met hierdie geld kan ons al amper 900 Bybels koop. Dit beteken 900 gesinne gaan blootgestel word aan die Bybel in hul eie taal. Dis eenvoudig geskryf sodat laerskool kinders dit vir hulle ouers kan lees. Dit gaan dus deur die skole versprei word en die kinders kan die “boek” gebruik om hulle lees te oefen en so kom die stories van ons wonderlike Here ook in die huise van Msinga en Makhathini.
Ek weet ons moet nie uitsonderings maak nie, maar ai, dis so wonderlik hoe die Here ook die harde werk van individue raaksien en dit seën dat dit tot seën van ander kan wees. Piketberg se KIX het vanjaar so gewoeker dat hulle R15 000 kon insamel. Boesmanland het ook nie lyf weggesteek nie en kon R5 000 bydra. Welgemoed het die mooi bedrag van R5 232 ingesamel en Hantam het R3 000 bygedra.
Sterkte met jul eie kinderbedienings!