{ARGIEF}

Preekstudies 2013-Cov hrRGB-200pxPreekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerklike jaar
Revised Common Lectionary Jaar C
Advent 2012 tot Koninkrykstyd 2013

Woord en fees (voorheen Preekstudies met liturgiese voorstelle) – Advent 2012 tot Koninkrykstyd 2013 – is ’n hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit volg die seisoene van die kerkjaar, en maak gebruik van die teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar C. Woord en fees kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik die Woord en lewe (voorheen Leesrooster).

UNIEKE VERKOOPPUNTE
• 56 liturgieë en preekstudies.
• Liturgieë en preekstudies sluit aan by die gereformeerde maar ook by die breër ekumeniese tradisie.
• Bied eietydse uitdrukkingsvorme wat die erediens in ’n verstaanbare idioom laat praat.
• Liturgieë streef daarna om lidmate as gespreksgenote deel van die erediens te maak.
• Beklemtoon die Woordkarakter van die erediens.
• Voorsien ’n basisliturgie vir elke seisoen van die kerkjaar.
• Teks word elektronies op CD by elke kopié ingesluit.

SKRYWER
Woord en fees is saamgestel deur lede van ’n navorsingsgroep van Communitas (voorheen Buvton), en dié lede kom almal uit die VGKSA en die NG Kerk.

LESERSMARK
• Leraars
• Alle bedienaars en verkondigers van die Woord

INHOUD
Woord en fees is ’n hulpmiddel in die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit maak gebruik van die fokustekste soos uiteengesit in die erkende teksrooster, die Revised Common Lectionary (RCL). Vanjaar se Woord en fees is gegrond op Jaar C van die RCL.
Die liturgiese voorstelle gee riglyne wat die gebruiker sal help om makliker koers te kry in die voorbereiding van weeklikse eredienste. Woord en fees sluit aan by die seisoene van die kerkjaar. Vir elke seisoen is daar dus ’n basisliturgie wat as raamwerk vir die hele seisoen dien.
Agter in die boek is daar liturgieë vir spesiale geleenthede, soos die doop, die nagmaal, begrafnisse en dankoffertyd.
Woord en fees kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik die Woord en lewe.

BOEKBESONDERHEDE:
Aantal bladsye: 336
Kategorie: Gemeentehulp / Toerusting
ISBN: 978 0 86487 579 2
Verkoopprys: R230,00

BM-kontakbesonderhede
E-pos: bestel@bmedia.co.za
Tel: 021 873 0822
0860 26 33 42 (0860 BMEDIA)
Faks: 021 873 0832

Bestel op die Internet