{ARGIEF}

Woord en fees – Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerklike jaar 2014

Prys: R230.00 (14% BTW ingesluit)Revised Common Lectionary Jaar A
Advent 2013 tot Koninkrykstyd 2014
Woord en fees (voorheen Preekstudies met liturgiese voorstelle) – Advent 2013 tot Koninkrykstyd 2014 – is ’n hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit volg die seisoene van die kerkjaar, en maak gebruik van die teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar A. Woord en fees kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik die Woord en lewe (voorheen Leesrooster). 
Woord en lewe – Leesrooster Advent 2013 – Koninkrykstyd 2014

Prys: R70.00 (14% BTW ingesluit)Leesrooster Advent 2013 – Koninkrykstyd 2014 Seisoene en feeste in die lewe van gemeentes Woord en lewe (voorheen Leesrooster) Advent 2013 tot Koninkrykstyd 2014, volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die erkende teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar A. Dit moedig lesers aan om die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar. Woord en lewe kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik Woord en fees (voorheen Preekstudies en liturgiese voorstelle). 
Geloof van eeue (Apostolicum)

Prys: R30.00 (14% BTW ingesluit)Geloof van eeue is ’n sewe-week-saamreisgids vir persoonlike nadenke en groepsgesprek aan die hand van die Apostoliese Geloofsbelydenis (ook die Apostolicum genoem). Daar is 49 verduidelikende gedeeltes (een vir elke dag) en sewe gesprekshulpe (een vir elke week). In die loop van die sewe weke kan individue en groepe tyd in, met en rondom die Apostoliese Geloofsbelydenis deurbring. 

Leesrooster Fokustekste 2013-2014