{ARGIEF}

Communitas bied vanaf 25-27 Maart die kursus Gelukkige Aftrede aan by Communitas op Stellenbosch. Deon Bruwer kyk na die voorbereiding vir aftrede op ‘n persoonlike en emosionele vlak. Die program is daarop gerig om jou verstaan van aftrede teen die agtergrond van jou geloofservaring te verdiep. Die program kyk ook na jou unieke persoonlikheidsamestelling vir jou persoonlike program vir die bestuur van jou unieke aftredeplan. 
Kenny Raats deel op die laaste dag sy praktiese ervaring uit die Pensioenkantoor oor aftreeprodukte, belasting implikasies,slaggate om te vermy en belangrike beleggingskeuses wat betyds gedoen behoort te word.
Kontak Adrienne Bester by bestera@sun.ac.za om in te skryf vir die kursus.Pension next exit