{ARGIEF}

Soorte retraites

Reeds boeke beskikbaar

Leier- en deelnemergidse

1.     Gebore as ’n metgesel

Ons is gebore (en wedergebore) om in ’n persoonlike verhouding met die Here en met ons naaste te leef.   Daar gebeur egter baie dinge met ons in die lewe wat ons lewe versuur.   Dinge wat gebeur en dinge wat mense aan ons doen, laat ons gereeld met negatiewe emosies wat ons sukkel om te verwerk.   En, in die proses beduiwel dit ook ons metgeselrol (met die Here en met mense).  In hierdie retraite bied ons ’n geestelike proses aan wat mense kan help om deur hulle negatiewe emosies te werk sodat hulle heling kan ontvang en weer met hulle metgeselrol kan aangaan.

2.     In Groot Geselskap

Die teenwoordigheid van God is die sentrale tema van hierdie program. Ons help mekaar om God se “spore” in ons lewe raak te sien en die implikasies wat dit vir ons lewe het, te deurdink.   Dit is bedoel as ’n inleidings-program en dek die basiese fasette van ons lewe saam met en voor God (spiritualiteit).

3.     Tussen pole van vlees en Gees

Saam met Henri Nouwen onderskei ons drie bewegings waarbinne ons lewe voortdurend fluktueer:

  • Ons sukkel dikwels met gevoelens van diepe ongelukkigheid wat ons innerlike vrede versteur.
  • Sommige mense is maklik om lief te hê, terwyl ons by ander weer intens sukkel om hulle lief te hê.
  • In ons verhouding met God word ons gereeld verlei deur illusies oor ons eie vermoëns en sukkel ons om werklik afhanklik van die Here te wees.
  • Ons wil mekaar help om die ongewenste gevoelens (eensaamheid, vyandskap en mag) te oorwin sodat ons meer dikwels die positiewe gevoelens (innerlike vrede, gasvryheid en broosheid) kan ervaar.

4.     Van vrees na vertroue

Dit is ontstellend om te ontdek hoe baie van ons besluite en optredes deur vrees gemotiveer en gedryf word.   Die uitdaging aan Christene is om met die Here se genade dinge eerder uit geloof en liefde te doen.   Suid-Afrika het vandag sulke mense baie nodig om uit die negatiewe vryval waarin ons ons bevind, te kom.   Om ons hiermee te help, wys Henri Nouwen op drie fasette van die geestelike lewe wat hy “intimacy, fecundity and ecstacy” noem.   Ons dink na oor die betekenis van hierdie begrippe.

5.     Roepings-retraite vir leraars

Om geroep te wees is een van die wonderlikste dinge wat met ons kan gebeur.  James W Fowler sê tereg dat ‘n groot deel van die “uitbranding” wat ons deesdae ervaar beskryf kan word as ‘n protes van ‘n gees waarin die roepingsdrang te lank geïgnoreer, onderdruk of geweld aan gedoen is.  Roeping open nuwe moontlikhede en is die teenwoorgestelde as om ‘n slagoffer te wees.

Baie belangrik:  Retraites word slegs op aanvraag van ‘n gemeente en/of ring aangebied
 
19 Augustus 2008

Joanie Batt
Admin Beampte: Communitas (Buvton)
SENTRUM  VIR  GEMEENTEBEGELEIDING
IZIKO  LOKUCETYISWA  KWAMABANDLA
Posbus 3322, Matieland 7602
+27 21 808 3382 (tel)
+27 21 886 5701 (faks/fax)