{ARGIEF}

SENTRUM VIR PREDIKANTEBEGELEIDING
Communitas het 9 areas wat nodig is vir ‘n Predikant in die Bediening geidentifiseer en toe die Sentrum vir Predikantebegeleiding ontwerp om predikante te begelei om hulle sterkpunte, maar ook hulle groeipunte in die 9 bekwaamhede te ontdek. Die ideaal is dat alle predikante die Sentrum vir Predikantebegeleiding sal bywoon êrens tydens hulle bediening. In 2015 het 23 predikante die Sentrum bygewoon. 16 was van die NG en VG Kerk Wes en Suid Kaap en 6 van ander sinodes. Predikante wat dit bygewoon het getuig dat hulle uitgedaag was, maar ook verryk deur die proses.  Die datums waarop die Sentrum in 2016 aangebied word is 2-4 Februarie, 24-26 Mei, 2-4 Augustus en 1-3 November.
Kontak gerus vir Adrienne Bester by bestera@sun.ac.za vir meer inligting of gebruik die inskrywingsvorm.
dag 6 412832578-3d-render-of-people-taking-and-discussion12832578-3d-render-of-people-taking-and-discussion [contact-form][contact-field label=’Naam’ type=’name’ required=’1’/][contact-field label=’E pos’ type=’email’ required=’1’/][contact-field label=’Predikant in Wes/Suid Kaap’ type=’url’/][contact-field label=’Dui aan watter datum jou sal pas’ type=’textarea’ required=’1’/][/contact-form]
Lees hier verder…

12832578-3d-render-of-people-taking-and-discussionSentrum
 
LEES WAT SKRYF EEN VAN DIE PREDIKANTE WAT ONLANGS “N SENTRUM VIR PREDIKANTEBEGELEIDING BYGEWOON HET:
Ek was regtig verras met wat met my gebeur het tydens die Predikantebegeleidingsentrum se eerste werkswinkel. Deur die jare het ek al baie kursusse bygewoon en boeke gelees, maar hierdie een was uniek. Jy word werklik blootgestel. Gelukkig is die ruimte veilig. Maar jy kan nie baie wegsteek nie. Juis hierin, dink ek, lê die krag. Jou bekwaamhede en hoe jy dinge doen, word duidelik blootgelê, en jy ontdek waaraan geskaaf moet word in jou bediening. Ek sien uit na die opvolg! Dankie aan al die mense wat sekerlik hard moes werk om ‘n betekenisvolle (en genotvolle) program aan mekaar te sit.