{ARGIEF}

seminarium1.      Seminarium Program in bedieningsvorming

Die Program in Bedieningsvorming is ’n kerklike program met die oog op legitimasie in die VG en NG Kerke. Suksesvolle voltooiing van die program is ’n vereiste vir legitimasie.

2.      Inskrywing
Studente wat gekeur is deur die Kuratoia van die VG en NG Kerke met die oog op legitimasie as predikante in die kerke, skryf jaarliks by die Seminarium in. Slegs ingeskrewe studente aan die Seminarium kom in aanmerking vir beurse by die Kuratoria. Inskrywings geskied by die Administratiewe kantoor van die Seminarium.
Nota: Tweedeloopbaan studente wat gedeeltes van hulle studies deeltyds voltooi, deurloop ook die program in Bedieningsvorming, net soos die voltydse studente. Die Seminarium sal in hierdie gevalle telkens die program aanpas na aanleiding van die situasie van die student.
3.      Program vir Bedieningsvorming
Die Program in Bedieningsvorming is ’n reis waarin studente gevorm word met die oog op bediening in die kerk. Op die reis word daar gefokus op vormende prosesse deur die integrasie van kennis, vaardighede, houdings en geloofsvormende gewoontes. Op die reis word vyf mylpale bereik. Die program is so ontwerp dat die studente dit gelyklopend met die vyf jaar van hulle teologiese studies (B Div, jare 1-4 en; M Div, jaar 5) kan voltooi.
Mylpale in die Program

Mylpaal1   (Jaar 1) Persoonsontwikkeling
Mylpaal 2  (Jaar 2) Roepingsontwikkeling
Mylpaal 3  (Jaar 3) CREDO
Mylpaal 4  (Jaar 4) Bedieningsbekwaamheidsontwikkeling
Mylpaal 5  (Jaar 4&5) Ontwikkeling van Missionale bediening

4.      Ondersteuning
a.      Geloofsvormende groep
Studente van jare 1-4 word jaarliks ingedeel in groepe waarin geloofsgewoontes be-oefen word. In hierdie groepe word geloofsgewoontes be-oefen. Vierdejaar studente neem leiding in die groepe.
b.      Mentor
Elke student ontvang ’n mentor met wie hulle ten minste een keer per maand gesprekke voer. Die mentor is die primêre begeleier wat die student ondersteun op die Bedieningsvormende reis.
c.       Opleidingsgemeente
Die studente word gekoppel aan Opleidingsgemeentes waar hulle onder leiding van die mentors deelneem aan gemeentelike aktiwiteite. Inskakeling by die gemeentes verskaf aan die student die konteks waarbinne hulle bedieningsvorming en groei kan plaasvind.
Nota: Diensleermodules soos voorgeskryf deur die Fakulteit Teologie word in die Opleidingsgemeentes gedoen.
d.      Seminarium periodes
Daar is weeklikse Seminarium periodes waartydens die mylpaal- of jaargroepe onder leiding van personeel van die Seminarium ontmoet en programme deurloop, om studente te begelei in die suksesvolle bereiking van die mylpale.
5.      Evaluering en verslag
 Studente word jaarliks soos volg ge-evalueer:

  1. Studente lewer voorgeskrewe verslae aan ’n
  2. Evalueringskomitee (mentor, studenteorganiseerder en Seminarium bestuurder) wat ’n aanbeveling aan die Begeleidingskommissie van die Kuratorium maak tov die bereiking van die betrokke mylpaal.
  3. Die Seminaruim verskaf jaarliks aan die Student en sy/haar mentor ’n verslag tov vordering met die program.
  4. By die bereiking van al vyf die mylpale maak die Seminairum ’n aanbeveling aan die Kuratorium tov legitimasie.