{ARGIEF}

BERADING EN GEMEENSKAP SENTRUM (GESTIG:1987)

BIED AAN: ‘N KURSUS IN PASTORALE OPLEIDING, BERADING EN GEMEENSKAPSDIENS VANAF 1 MAART TOT 29 FEBRUARIE 2016 (Teikengroep: Studente, predikante, jeugwerkers, onderwysers, maatskaplikewerkers, enige professionele persone, en persone wat verryk wil word Persone moet rekenaar geletterd wees of toegang daartoe hê)
Zama-Zama

Kursusleiers en supervisors: Dr Jan Botha BA (UV); BA Hons (UV); BTh (UV); MA (UP); MTh
(US); PhD (UP); Dipl in Teologie (UV) Sert in Huweliksberaad- en
voorligting(UNISA)
Dr Retha Kruidenier B.Bibl (NWU); B.Bibl Hons (NWU); M.Phil (UP);
MA (UP) en PhD (UP) en ander kundiges.
Module 1: Teologiese begronding

  • Missionale teologie
  • Teologie van hoop
  • Teologie van aanraking
  • Teologie van teenwoordig-wees
  • Teologie van gasvryheid
  • Teologie van menswaardigheid
  • Teologie van konteks en in Afrika

Module 2: Pastorale onderbou

  • Missionale perspektiewe
  • Narratiewe perspektiewe
  • Sielkundige en beradingsperspektiewe
  • Interdissiplinêre perspektiewe
  • Netwerk en vennootskap perspektiewe
  • Identiteit, spiritualiteit en geloofsgroei
  • Beoefen die gesindheid wat demonstreer dat jy jouself ontledig (kenosis) ter wille van die koninkryk

Module 3: Etiese, kontekstuele en Afrika diskoerse

  • Ontdek jouself
  • ’n Positiewe selfkonsep
  • Huweliksgroei, bevrediging en beplanning
  • Egskeidingsbegeleiding en enkelouerskap
  • Dissipline en gesag
  • Gender en seksualiteit
  • Kommunikasievaardighede
  • Diskriminasie, verwerping en karakterskending
  • Hanteer stres, spanning en uitbranding
  • HIV/Aids
  • Depressie en gemoedsversteurings
  • Selfdood en genade dood
  • Pornografie en afwykende seksuele gedrag
  • Hanteer verlies van werk, gesondheid, dood, egskeiding, verandering ens
  • Seksuele bevrediging en intimiteit
  • Verantwoordelike tydsbenutting en prioritisering
  • Geweld teenoor vroue en kinders
  • Emosionele volwassenheid
  • Innerlike genesing
  • Groen lewe en bewaring
  • Mag, omkopery en normloosheid
  • Boelies, verkleinering en afbrekende gedrag
  • Die proses van vergifnis en heelwording
  • Gay-wees en die hantering daarvan
  • Chemiese afhanklikheid (drank, dwelmiddels en opkikkers/steroïde)

Module 4: Ontwikkelingsmylpale in jouself/eie menswees

  • Leef jou roeping in die teenwoordigheid van die Drie-enige God
  • ’n Gelukkige en sin-gewende lewenstyl
  • Geloofsonderskeiding
  • Verdiep jou gebedslewe en geestelike dissiplines
  • Verreken diversiteit
  • Inkarnasie en eenheid in Christus
  • Om geestelike patrone in jou eie lewe te bepaal
  • Om risiko’s te neem en grense oor te steek
  • Om holisties te dink, voel en te lewe
  • Om te fokus op God se koninkryk

Module 5: Moontlike spesialisvelde

  • Hospitaal en siekebediening
  • Trauma en krisisintervensie
  • Berading, begeleiding en opleiding tov huwelike, egskeiding, tieners ens
  • Missionale netwerke en uitreike asook die stigting van nuwe geloofsgemeenskappe
  • Jeugwerk in gemeentes, skole, statutêre instellings ens

Werkswyse: Die kursus duur 1 jaar en word afgehandel as: twee van die verpligte werkswinkels bygewoon is; vier opdragte uit Module 3 soos ooreengekom suksesvol voltooi en afgehandel is; ’n mini-skripsie van 60 bladsye ingelewer is en die 30 ure praktiese werk onder die leiding van ‘n goedgekeurde supervisor afgehandel en haar/sy evalueringsverslag ingedien is by die kursusleiers (sperdatum: 31 Januarie 2016)
Plekke van aanbieding van werkswinkels: Pretoria, Bloemfontein en Stellenbosch
Werkswinkels: Ses werkswinkels/kontaksessies (2 in Pretoria, 2 in Bloemfontein en 2 in Stellenbosch)
Status van kursus: Sertifikaat. Geakkrediteer deur Excelsus Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die Teologiese Fakulteit by die Universiteit van Pretoria, 100 VBO punte
Registrasie: Tot en met 28 Februarie 2015
Koste: Die paar voorgeskrewe handboeke en studiemateriaal word deur die student aangekoop. Begroot min of meer vir so R2 000. Dit is nie ingesluit by die kursusfooie nie. Die kursus fooie beloop:
28 Februarie 2015: R 3 000; 1 Julie 2015: Die res R 2 000; Totale kursusfooi: R 5 000
Belangrike datums: Die datums wanneer elke module begin en afgehandel moet wees asook die ses kontaksessies se datums sal met registrasie aangekondig word.
Navrae: Dr Jan Botha Tel 012 5463545, Sel 0764815683 en e-pos jan@pastorelepraktyk.co.za
               Dr Retha Kruidenier Tel 012 3291352, Sel 0824138462 en e-pos retha@geo-logic.co
(Verdien 100 VBO punte; geakkrediteer deur Excelsus Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die Teologiese Fakulteit by die Universiteit van Pretoria. Die kursus is geadverteer in die Kerkbode en LIG, asook bekendgestel deur ‘n artikel in die Kerkbode deur die redakteur, Neels Jackson)