{ARGIEF}

 Ekstra videogreep oor Sondag 6 van Lydenstyd

 

Die afgelope weke is videogrepe oor ‘n  “preek-dinkskrum” op Youtube beskikbaar gestel.  ʼn Groep het telkens saamgesels oor die fokusteks van die week – met iemand wat as ankerpersoon vrae formuleer, ‘n eksegeet wat help met die teksuitleg, en enkele persone uit verskillende agtergronde wat help saamdink. Hierdie  videos is elke Vrydag op youtube beskikbaar gestel.
Die videogrepe is wyd verwelkom, veral deur persone wat alleen in gemeentes is en nie die voorreg het om met kollegas saam te dink en gesels nie.
 
Na aanleiding van die huidige politieke situasie en die gebeure van die afgelope paar dae, het ons dit goed gedink om ʼn ekstra gesprek op te neem rondom die fokustekste van hierdie laaste Sondag (6) van die Lydenstyd.
Frederick Marais en Coenie Burger gesels oor hoe om Sondag se erediens te kon inrig om die ervarings van die afgelope week in te sluit in die erediens rondom Palmsondag.

Kyk gerus hier daarna: https://youtu.be/y9jW_IHzJko

Daar is ‘n gebed wat deur Frederick voorgelees word, geskryf deur Hannes Theron. Die gebed is hier besklikbaar as pdf asook as 3 powerpoint-skyfies. Laai dit gerus hier af:

Die sesde Sondag se eerste opname wat gefasiliteer word deur Coenie Burger en met Louis Jonker as eksegeet, is hier beskikbaar: https://youtu.be/8cCBh_8J9SE