{ARGIEF}

Alles, ook die skepping, is onderworpe aan verandering. Ons lewens, liggame, die gemeenskap en omgewing waarin ons woon, waar ons werk, ens. word alles affekteer deur vlae van verandering. Soms is die verandering geleidelik, soms traumaties, soms weens ons eie besluite, die meeste buite ons beheer. Al hierdie verandering veroorsaak stress beide vir die individu en die gemeenskap.

Die hantering van verandering was nog altyd ’n fundamentele kwessie vir menslike oorlewing. Met die verloop van tyd is daar baie hulpmiddels ontwikkel, en tog bly die hantering van verandering ’n kwessie. Ook die weerstand teen verandering. Besigheids organisasies fokus, as oplossing, op motivering, prestasie en vergoeding. Weinige aandag word gegee aan die werknemer. Veranderings strategie kan die natuurlike sielkundige proses waardeur die individu gaan of bevoordeel of benadeel. Hierdie proses waardeur die individu gaan om die verandering te hanteer word transisie genoem.

Die ervaring toon dat vernuwings- of visionerings- of veranderingsprosesse in die kerk ook hiermee worstel. Alhoewel geredeneer kan word dat lidmate tog graag binne God se wil wil lewe, is die ervaring dat hierdie oortuiging nie prosesse laat slaag nie.

Gemeentes kan nie aanhou dinge doen soos in die verlede en dan ander resultate verwag nie. Daar is sekere dinge wat gemeentes moet verander, sekere dinge wat gemeentes moet stop en sekere dinge wat gemeentes moet begin doen. Die krag en insig om te verander, kom van God af. Daarom moet gemeentes God vertrou.

Laai die volledige dokument hier af (170 Kb).