{ARGIEF}

Communitas se VBO-kursusse is nie net geleenthede waar kennis oorgedra word nie. Dis tye en plekke om stil te raak, na gees én liggaam gevoed te word, te luister én te gesels, bande te smee en koinonia te beoefen. Hier is ‘n paar foto’s om te illustreer waaroor dit gaan:

Die eerste kursus van die jaar was die Sertifikaat Module 4, gehou by Communitas en bygewoon deur ‘n groepie mense wat al vir ‘n jaar saamstap en mekaar leer ken en waardeer het.
Hierdie module het gehandel oor Identiteit – Wie is ons en waar pas ons in? Daar is saamgepraat oor waar en hoe mense inpas in die Drie-enige God se plan en bemoeienis met die wêreld, en die predikant se plek en rol in God se plan en in die gemeente.
[widgetkit id=189955]
Op 2 Februarie het Pat Keifert in die kapel van die Fakulteit kom gesels oor vernuwing van gemeentes en die rol van leierskap. Meer as 80 persone – predikante, dosente, studente en lidmate – het na hierdie kenner oor hoe om gestuurde gemeente te wees, kom luister.
[widgetkit id=189961]
Die Fresh Expressions Konferensie het van 16-18 Februarie plaasgevind by die His People kerksentrum by N1-stad, en bykans 400 persone van meer as 25 verskillende denominasies en kerke het dit bygewoon; hiervan was meer as 100 persone uit die NG Kerk. Dit was ‘n wonderlike geleentheid vir konneksie én leer oor nuwe maniere van kerk-wees.
[widgetkit id=189972]